Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

24.10.24

Eelte

Elle skryf:
"Ek het onder my linkervoet 'n eelt ontwikkel, net onder my tone in die middel van my voet. Na 'n dag se loop is dit nogal pynlik. Wat kan ek doen om die eelt te verwyder?"

Antwoord:

'n Eelt is 'n dik, harde plek aan die vel wat ontwikkel om beskerming te bied teen besering. Die ontwikkel normaalweg weens aanhoudende druk of wrywing op 'n plek. Meeste eelte kom op die voete voor.

Vra by die apteek vir spesiale pleisters vir eelte of jy kan dit laat wegsny deur 'n chiropodis. Jy moet egter sorg dat jy ook die oorsaak van die eelt aanspreek.

(foto Andrew Bossi)

2 comments :

  1. Anonymous25/2/26 16:42

    Ek wil tog weet kan ek vir my eelte gebruik onder my voete op die Sui van die voete en vratte ook a.s.b

    ReplyDelete
    Replies
    1. Anonymous2/3/26 10:16

      Die sagte binnekant van plakkie blare word gebruik om eelte sag te maak. Smeer dit gereeld aan.

      Delete