Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

26.5.25

Eet goed, lyk goed

Sekere kossoorte hou jou nie net gesond nie, maar laat jou ook goed lyk:

Appelasyn
Hou die vel soepel en sag. Breek ook vette af en help met vertering.

Wortels
Hou die plooie weg.

Kaas
Beveg bakterieë in die mond en verhoed tandbederf.

Citrusvrugte
Hou plooie weg.

Rooibosbessies
Hou die uitskeidingskanale skoon en beveg bakterieë.

Knoffel
Hou plooie weg.

Patats
Hou die plooie weg.

Tamaties
Hou jou vel gesond.

Water... Water... Water...
Die goeie goeters wat al die vullis uit die liggaam spoel.

22.5.25

Kruie vir kwale: Koliek

Die Zoeloes gebruik al lank reeds watersalie vir koliek. Die resep is twee blare in ’n koppie kookwater getrek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink.

♦♦♦

Balsem Vita word aanbeveel vir die verligting van koliek. Dit kan met veiligheid vir babas gegee word. 5 druppels in bietjie lou soet water vir babas.
Die olies wat gebruik word vir die preparaat is kassia, laventel, naeltjie, neutmuskaat en tiemie.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids



(foto: William Fortunato)

21.5.25

Kruie vir kwale: Hoes

Die vars blare van die kransaalwyn word gekap of fyngemaak en dan in water gekook om 'n tee of aftreksel te maak.
Dit word gedrink om hoes te verlig.
Soms word heuning of ander medisinale kruie, soos die blare van die lemoenbossie of gemmer, bygevoeg om die doeltreffendheid te verbeter.

♦♦♦

Vir hoes week Rastafariërs een wildeknoffel plant se bol en blare in kookwater vir 10 minute. Die aftreksel word dan as ’n tee gedrink.

♦♦♦

Die Zoeloes gebruik al lank reeds watersalie vir hoes. Die resep is twee blare in ’n koppie kookwater getrek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n eetlepel geelblomsalie blare en laat dit trek vir 5 minute. Om dit meer drinkbaar te maak kan jy dit versoet met heuning en ’n skyfie suurlemoen byvoeg.
Die Nama mense gebruik al lank tee van geelblomsalie vir die behandeling van hoes. .

♦♦♦

Tee van die wilde salie word wêreldwyd gebruik vir die behandeling van hoes en ander borskwale.
Gooi ’n koppie kookwater oor ’n eetlepel wilde salie blare en laat dit trek vir 5 minute. Daarom meer drinkbaar te maak kan jy dit versoet met heuning en ’n skyfie suurlemoen byvoeg.
As jy hoes moet jy daarvan drink direk na die hoesbui. Jy kan ook ’n blaar kou om te help met hoes of ’n seer keel.

♦♦♦

Gebruik 10 g wildedagga-blare, stele en/of blomme om ’n tee mee te maak. Laat dit vir 5 minute trek voor jy dit deur ’n siffie gooi.
Drink dit vir hoes.

♦♦♦

Jy het ’n takkie kapokbos van omtrent jou duim se lengte nodig. Gooi ’n koppie kookwater daaroor en laat trek vir 5 minute.
Dreineer en voeg bietjie heuning en suurlemoensap by en drink dit vir hoes.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n paar gedroogde takkies heuningtee en laat dit trek vir 20 minute. Drink dit ten minste 4 keer per dag vir hoes.

♦♦♦

Gebruik 10 g vars tiemie om ’n tee mee te maak. Laat dit vir 5 minute trek voor jy dit deur ’n siffie gooi. Roer 5 mℓ heuning by.
Drink die tee vir hoes.

♦♦♦

Plaas 5 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Drink dit vir hoes.

♦♦♦

Plaas ’n ¼ koppie klimop-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n siffie en geur met heuning na smaak.
Drink dit vir hoes.

♦♦♦

Maak die wortel van die noem-noem skoon en maak fyn. Gebruik 2 teelepels in ’n koppie warm water. Drink dit vir hoes.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n paar blare van die medisynebossie en laat trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n sif en drink vir hoes.

♦♦♦

Voeg ’n paar wildeals-spruite by ’n bottel brandewyn. Laat staan vir ’n week en skud daagliks. ’n Eetlepel hiervan twee maal per dag vir hoes.

♦♦♦

Gebruik 5 g vars wildeals blare om ’n tee mee te maak. Laat dit vir 5 minute trek voor jy die blare verwyder. Roer 5 mℓ heuning by.
Drink die tee vir hoes.

♦♦♦

Gooi kookwater oor ’n teelepel bloekomblare (Eucalyptus globulus) gemeng met ’n teelepel bokboegoe (Coleonema pulchellum). Laat dit trek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink vir hoes.

♦♦♦

Een teelepel boegoebrandewyn, twee maal per dag.
Lees hier hoe om boegoebrandewyn te maak.

♦♦♦

Kook ´n stuk saliebos in water tot die vloeistof lyk soos sterk tee.
Neem een koppie daarvan en kook dit tot ’n stroop saam met 500 ml suiker.
Voeg 1 botteltjie borsdruppels en 125 ml suurlemoensap by en skud goed.
Drink 15 ml hiervan 3 maal per dag.

♦♦♦

Sny ’n wit ui in dun skyfies en strooi bruinsuiker daaroor. Laat die staan sodat dit ’n stroop kan trek. Gee dan 5 mℓ van die stroop elke uur. Dit sal help vir hoes.

♦♦♦

Jy kan jou eie hoesstroop maak deur gelyke hoeveelhede suurlemoensap en heuning te meng.

♦♦♦

Peperwortel is jare gelede gereeld gebruik om hoes mee te behandel. Jy berei jou eie hoesstroop van die plant. Behou die wortel se skil, maar was en skrop dit deeglik. Sny dit dan in skyfies. Strooi ’n dik laag bruinsuiker oor en laat staan vir 24 uur. Dan gooi jy die los suiker af en kook die res op tot sag. Neem 5 mℓ wanneer jy ’n hoesbui het.

♦♦♦

Kou ses naeltjies en sluk die sap in.

♦♦♦

George Moore skryf:
"Man, ek het so 'n lelike hoesie gekry die winter toe sê 'n ou taante om die draai van my ek moet die volgende gebruik:
1 half jack gemmer brandewyn
1 middelslag ui
2 huisies knoffel
1 bottel heuning
Gooi die heuning en brandewyn in 'n potjie en verhit stadig maar nie kook nie, rasper dan die ui en knoffel baie fyn en gooi by die brandewyn en heuning laat so vir 10 minute staan en gooi in bottels maak seker dat die ui en knoffel gelyk verdeel is in al die bottels. Gebruik dan so 2 eetlepels op 'n slag vir hoes maar nou nie te veel nie anders moet 'n mens dan 'n raad vir wingerdgriep gaan soek. So elke 2 ure het gewerk vir my."


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

20.5.25

Baba sukkel met winde en krampe

Jou baba is net 'n paar weke oud en sukkel met krampe en winde. Nadat hulle gedrink het wil die winde net nie uit nie. Jy probeer om hulle dieet reg te maak, maar weet nie wat maak gas en wat nie. Jy is raadop.

Dit gebeur wel dat sekere voedselsoorte soms 'n baba kan irriteer, maar ons soek te veel die fout by ons dieet. Navorsing ondersteun nie die idee dat ons dieet ons baba's winderig maak nie. Sommige baba's is gewoon meer winderig as ander. Dit is as gevolg van die baba se spysverteringstelsel wat nog leer om aan te pas in die nuwe omstandighede. Tyd sal heel moontlik jou probleem oplos. Enkele ander dinge waarvoor jy kan pasop is:
• Te veel melk te gou - baba kry nie kans om goed te sluk nie en daar kom te veel lug in saam met die melk
• Huil - baba huil baie en sluk wind in die proses

Indien dit wel iets is wat jy inneem waarvoor baba sensitief is sal sy ook ander simptome toon soos braking, diarree, 'n neus wat loop of 'n uitslag.



(foto: Michael Morse)

19.5.25

Kruie vir kwale: Blaasinfeksie

Balsem-sulfuris is ‘n baie ou middel wat gebruik word vir blaasaandoenings. Neem 10 – 20 druppels twee of drie keer per dag op ’n bietjie suiker.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n hand vol vars bergtee blare. Laat dit trek vir 5 minute. Drink dit dadelik. Gebruik dit vir pyne wat gepaard gaan met blaasinfeksie.

♦♦♦

Boegoeblare is goeie behandeling vir minder ernstige blaaskwale. Berei boegoetee voor deur 'n handvol blare by 500 ml kookwater te voeg. Laat dit vir 15 minute trek. Drink 200 ml tot 400 ml op 'n keer, 3 keer per dag. Boegoe-essens kan ook gebruik word. Meng 5 ml to 10 ml essens met 200 ml water. Drink dit drie keer per dag.

♦♦♦

Bosboegoe kan ook gebruik word. Voeg ’n paar bosboegoe-spruite by ’n bottel brandewyn. Laat staan vir ’n week en skud daagliks. ’n Eetlepel hiervan twee maal per dag.

♦♦♦

Bosbessiesap maak die uriene suur, wat die groei van bakterieë teenwerk en kan help om urienbaaninfeksies te voorkom.

♦♦♦

Tap vir jou genoeg louwarm water in die bad om in te sit. Voeg 5 druppels laventelolie by en sit in die water vir 15 minute.

♦♦♦

Drink ’n koppie kruisementtee as jy pyn op jou blaas het.

♦♦♦

Brandnetel is ´n wonderlike ding. Sy sap laat die sure in die bloed neerslaan. Die niere kan dan van die gemors ontslae raak. As daar te veel gemors gelyktydig by die niere aankom dan word die waterwerke verstop met al die modder. Burnet het reeds baie jare gelede vasgestel dat 5 druppels elke 2 uur net die ding is. Hoe om jou druppels te maak:
Pluk jong sappige groen brandnetel. Kap fyn en sit dit in ´n bottel. Bedek met alkohol, 26-30%.
(bydrae: Peter M von Maltitz)

♦♦♦

Meng 2 eetlepels kaneel en 1 teelepel heuning in 'n glas louwarm water en drink dit.

♦♦♦

Neem 10 – 30 druppels balsemkopiva daagliks, gedrup op suiker of saam met melk.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

15.5.25

Kruie vir kwale: Koors

Die blare van die bontaalwyn word rou gekou of fyngemaak om die jel of sap te onttrek. Hierdie jel kan oraal ingeneem word om koors te verminder.

♦♦♦

Die vars blare van die kransaalwyn word gekap of fyngemaak en dan in water gekook om 'n tee of aftreksel te maak.
Dit word gedrink om koors te verminder.

♦♦♦

Die knolle van die duiwelsklou kan fyngemaak en gekook word. Die aftreksel word dan twee maal per dag gedrink.

♦♦♦

’n Aftreksel van die boomwortels van die kiepersolboom word gebruik vir die behandeling van koors.
Week die wortels 3 tot 5 dae lank in alkohol of water te week en dan te filtreer. Jy moet omtrent ’n kg plantmateriaal gebruik vir 5 liter water. Om aftreksel te gebruik, vul 'n druppelaar of klein spuit met die vloeistof en drup dit in die mond, net onder die tong. Hou die tinktuur vir 'n paar sekondes in die mond voordat jy dit sluk. Spoel die mond dan deeglik uit met water om van die bitter smaak ontslae te raak. Die presiese dosis wat 'n persoon moet neem, hang af van hul ouderdom, maar dit is die beste om nie meer as 2 klein vol druppelaars te neem nie. Moenie tinkture aan kinders gee nie.

♦♦♦

Rastafariërs eet wildeknoffel saam met rissie wanneer hulle enige skete en pyne onder lede het. Hulle gebruik ook ’n aftreksel van die bolle en blare in hul badwater om koors te breek. Die aftreksel word gemaak deur een plant se bol en blare in koue water te week vir ’n dag lank. Die hele liggaam moet dan met die aftreksel gewas word.

♦♦♦

Tee van suurlemoengras help om koors te verlig.

♦♦♦

Plaas 10 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Drink dit vir koors.

♦♦♦

Maak ’n badmengsel deur 40 g wildeals-blare te bedek met 2 liter kookwater. Laat dit staan vir 2 uur.
Gooi deur ’n sif en botteleer.
Voeg die mengsel by jou badwater om te help met koors. Jy kan die geaffekteerde plekke liggies daarmee afspons.

♦♦♦

’n Tee gemaak van kattekruid help vir koors.

♦♦♦

’n Tee gemaak van die blare van die koorsbossie help vir koors.

♦♦♦

Gee koue water om te drink en ’n bietjie komkommersap elke 2 minute.

♦♦♦

Neem ’n mespunt vol kremetart met ’n bietjie water vir koors.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

14.5.25

Kan jy met plat tepels borsvoed

Kan jy met plat tepels borsvoed?

Baba's wat kan goed vassuig kan self 'n plat tepel uittrek. Jy kan soek vir Breast Shells (ook genoem milk cups). Dit plaas druk op die area om die tepel sodat dit uit kan kom of ten minste makliker uitgesuig kan word. Jy begin dit reeds dra voor baba se geboorte vir 'n paar uur elke dag. 'n Ander stukkie toerusting is 'n Evert-it Nipple Enhancer. Dit doen omtrent dieselfde as 'n borspomp. Jy kan selfs 'n borspomp gebruik net voor jy borsvoed om die tepel uit te lig.
Indien hierdie tipe toerusting jou afsit kan jy die volgende oefening probeer. Plaas 'n duim aan weerskante en styf teen jou tepel. Druk nou die bors plat terwyl jy terselfdertyd die duime uitmekaar trek. Doen dit vyf keer per dag. Begin wanneer jy swanger raak en hou aan daarmee terwyl jy borsvoed. Elke keer as baba borsvoed kan jy ook die vel liggies rek met jou een hand, duim bo en vier vingers onder. Dit sal dit makliker maak vir baba om die tepel te kry.