Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



16.3.23

Mioom

Miome van die uterus is nie-kwaadaardige groeisels wat veroorsaak word deur hormone. 25% van vrouens het dit sonder dat hulle bewus is daarvan. Dit gebeur selde, maar dit kan ´n invloed hê op bevrugting.

Die baarmoeder se posisie is baie belangrik. ´n Normale baarmoeder (uterus) lê 45 grade na vore, met die baarmoedermond (serviks) na onder en agter. Tydens swangerskap en die geboorteproses rek die ligamente wat die uterus in posisie hou. Dit kan veroorsaak dat die uterus "draai". Die algemeenste posisie word retroversie genoem. Dit is waar die boonste deel, of die fundus van die uterus, agteroor lê, sodat die serviks na voor wys. Simptome hiervan is lae rugpyn, veral tydens menstruasie, moegheid, bekkenpyn en probleme om swanger te raak. Jy kan probeer om die uterus terug te kry na sy normale posisie, deur in die knie-bors posisie te kniel ´n paar maal per dag. Dit laat die uterus vorentoe val. Dit is ook ´n goeie posisie om gemeenskap in te hê as jy wil swanger raak. Indien dit nie help nie, praat met jou dokter. Daar is apparate wat ingeplaas kan word om die uterus in posisie te hou.

bydrae: Suster

15.3.23

Skarlakenkoors


JC skryf:

"Ek wil net graag uitvind wat presies veroorsaak die koors, of dit aansteeklik is of nie en wat is die algemene naam in Engels."

Antwoord:

Skarlakenkoors is 'n aansteeklike siekte wat veroorsaak word deur sekere vorms van die streptokokkus-bakterie. Die kiem kom die liggaam binne deur die keel en word versprei deur klein druppels wat in die lug vrygelaat word wanneer die besmette persoon praat, hoes of nies.
'n Rooi keel is die eerste simptoom van die siekte. Daarna volg koors, hewige hoofpyne, braking, 'n versnelde hartklop en die tong is oortrek met 'n wit aanpaksel. Onder hierdie aanpaksel is die tong vol rooi kolle. Daarna volg 'n rooierige uitslag wat in die nek begin. Dit word verder gevolg deur afskilfering van die vel waar die uitslag voorgekom het.
Die siekte kom hoofsaaklik voor in jong kinders en kan tot 3 weke aanhou. Dit kan ernstige hart, nier en gewrigsprobleme tot gevolg hê.

14.3.23

Moesies

Boereraat:

Om ´n moesie te verwyder neem 1 vitamien A-kapsule en prik dit met ´n naald. Sit een druppel suurlemoensap op die gaatjie en smeer aan moesie. Doen dit twee keer per dag en die moesie behoort na ´n tyd te verdwyn.

♦♦♦
´n Alternatiewe metode is om ´n aspirienpil daarop te sit en te bedek met ´n pleister.

♦♦♦
Plaas 'n piesangskil op die moesie met die geel kant na buite. Hou in plek met 'n pleister.

3.3.23

Kruie vir kwale: Longontsteking

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n paar gedroogde takkies heuningtee en laat dit trek vir 20 minute. Drink dit ten minste 4 keer per dag vir longontsteking.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

2.3.23

Kruie vir kwale: Slymvliesontsteking

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n paar gedroogde takkies heuningtee en laat dit trek vir 20 minute. Drink dit ten minste 4 keer per dag vir slymvliesontsteking

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids



(foto Pavel Danilyuk)

1.3.23

Die reuk van appels ... en komkommers

Ly jy aan engtevrees? Koop vir jou appels.

Die Smell & Taste Treatment and Research Centre in Chicago het bevind dat die reuk van groen appels jou persepsie van ruimte verander, vertrekke voel dadelik groter as wat hulle werklik is. Navorsing het bevind dat komkommers ’n soortgelyke effek het.

Vir diegene wat wonder oor die reuk van braaivleis, navorsers het bevind dit het die teenoorgestelde effek.

28.2.23

Omlope / Tinea / Ringwurm

Omlope is 'n soort fungusinfeksie. Jy kan dit by besmette persone of troeteldiere optel.

Om dit te vermy moet jy nie handdoeke of onderklere met ander persone deel nie. Was ook altyd jou hande nadat jy aan troeteldiere gevat het.

Indien iemand in jou gesin dit het help dit om 'n funguswerende poeier te gebruik om te verhoed dat jy aansteek.

Boereraat:

Maak ’n pasta van klapperolie en blomswawel en smeer aan.

Sien ook: Kruie vir kwale: Omlope


foto: CDC / Dr. Lucille K. Georg