Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



24.10.22

Kruie vir kwale: Sweer

Plaas 20 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute. Gebruik dit vir die behandeling van swere.

♦♦♦

Maak ’n badmengsel deur 40 g wildeals-blare te bedek met 2 liter kookwater. Laat dit staan vir 2 uur.
Gooi deur ’n sif en botteleer.
Voeg die mengsel by jou badwater om te help met swere. Jy kan die geaffekteerde plekke liggies daarmee afspons.

♦♦♦

Maak 3 knoffelhuisies fyn saam met ’n knippie sout. Sit op ’n lappie en sit op die sweer.

♦♦♦

Bak 1 middelmatige ui in die kole so heel. Haal die buitenste skille af en sit die binneste so warm moontlik op die sweer om dit oop te trek.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

20.10.22

Kruie vir kwale: Blase

Plaas 20 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute. Gebruik dit vir die behandeling van blase.

♦♦♦

Die jellieagtige inhoud van die medisynebossie kan op blase gesmeer word.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

19.10.22

Sooibrand

Sooibrand kom voor as ´n brandgevoel in die maag en/of bors.

Dit vind plaas wanneer maagsure wat aangewend word om kos te verteer, terugvloei in die slukderm. Sensitiewe weefsel word dan geïrriteer en die kenmerkende brandgevoel word dan ervaar. Sooibrand word veroorsaak deur die inname van sterk gegeurde, vetterige of gebraaide kosse, alkohol, koffie, sitrusvrugte, sjokolade en tamatiegebaseerde kos. Maagsere, galblaaskwale, stres, allergieë, rook, alkohol, hoë angsvlakke en ensiemtekorte kan ook tot die toestand bydra. Aspirien veroorsaak ook sooibrand by sommige individue.

Vermy die inname van kosse wat bekend is daarvoor dat dit sooibrand veroorsaak. Moet ook nie binne 3 ure voor slaaptyd eet nie. Versap 1 ongeskilde aartappel en meng met gelyke hoeveelhede water. Drink dadelik na voorbereiding 3 maal per dag. Eet vars papaja of pynappel om vertering aan te help. Kou papajapitte of ´n geskilde amandel vir chroniese sooibrand. Neem een eetlepel rou appelasyn in 1 glas water tydens etes. Teensure sal ook simptomatiese verligting bring.

Soek mediese hulp indien simptome voortduur.

Boereraat:

Drink elke dag 3 eetlepels appelasyn in ’n glas louwarm water 30 minute voor ete.

♦♦♦

Drink 2 mℓ Engelse sout in ’n glas water.

♦♦♦

Eet ’n appel.

♦♦♦

Drink 2 eetlepel skoon suurlemoensap of versapte rou aartappel

♦♦♦

Lê snags meer op jou linkersy – moeiliker vir maagsuur om na die slukderm te gly.

♦♦♦

Meng ’n 20 mℓ botteltjie Turlington met ’n blikkie kondensmelk. Drink soggens ’n teelepel hiervan op jou nugter maak.

♦♦♦

Drink ’n bietjie koeksoda in gekookte water.

♦♦♦

Drink 2 eetlepels asyn. Die sooibrand sal vir ’n kort rukkie erger voel, maar dan beter raak.

♦♦♦

Drink gereeld water om sooibrand teen te werk.

♦♦♦

Eet ’n piesang.

♦♦♦

Gee mengsel van deeglik gebrande en gepoeierde roosterbrood en melk van magnesia in sterk tee.

♦♦♦

As tamatie- en uiemoes gemaak word vir braaivleis of ander geregte, gooi ’n kwart koppie melk aan die einde by en roer goed. Dit voorkom sooibrand.

♦♦♦

Kruie vir kwale: Sooibrand

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

27.9.22

Suur

Diane skryf :
"Ek het baie sure in my liggaam wat kan doen om dit te verminder."

Antwoord:
Probeer die volgende aanvullings : voedselensieme en magnesium saam met elke ete. Indien dit nie werk nie neem ook aanvullings van vloeibare chlorofil ag keer per dag in water en neem 'n kalsiumaanvulling.

Pas ook jou dieet aan soos hier onder genoem.

Marina skryf:
"Ek het volgens by dokter te veel suur en suiker in my bloed. Wat mag ek eet en wat nie? Ek vermy tans brood, pynappels, lemoene en alles wat suurdeeg bevat."

Antwoord:
Vir te veel suur moet jy sorg dat jou dieet hoofsaaklik bestaan uit groente, vrugte, neute, lensies en sade. Die kwaaddoeners is vleis, alkohol, koffie en kitskos. Wat die suiker betref moet jy alle kosse wat suiker bevat vermy. Dit geld vir drinkgoed ook, vrugtesappe ingesluit. Maak groen groente die basis van jou dieet. Oefening is belangrik. Spierweefsel dien as stoorplek vir die oortollige suiker en help om die suiker en gepaardgaande insulien in jou bloed te beheer.

22.9.22

Kruie vir kwale: Hitte uitslag

Die hele bitterbos word gebruik, insluitende die wortels. Gebruik 8 g varsgekapte bitterbos per koppie kookwater. Laat trek vir 3 minute. Gebruik dit vir ’n hitteuitslag. Jy kan die mengsel aan die vel smeer in plaas van drink. Dit kan tot 8 keer per dag gedoen word.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

19.9.22

Tande

Wortels, spinasie, broccoli, papaja, mango, perskes en appelkose is goeie bronne van Vitamin A - Beta carotene. Dit is goed vir normale groei, goeie sig(oë), gesonde vel en sterk tande.

Vergeelde tande kan deur ´n tandarts gebleik word.

Boereraat:
Meng 2 mℓ koeksoda met ’n halwe glas louwarm water en neem daarvan in die mond en hou dit daar. Herhaal tot die tandpyn ophou.

♦♦♦

Maak asyn warm tot kookpunt en doop ’n wattepluisie daarin en vryf die tandvleis daarmee. Die asyn moet so warm moontlik wees. Los die pluisie met warm asyn op die tand.

♦♦♦

As een van jou tande getrek is en dit wil nie ophou bloei nie. Neem ’n rosyntjie, sny dit oop en sit dit op die gat waar die tand getrek is.

♦♦♦

Suurlemoen gemeng met koeksoda maak gevlekte tande mooi wit.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

15.9.22

Kruie vir kwale: Aknee

Die hele bitterbos word gebruik, insluitende die wortels. Gebruik 8 g varsgekapte bitterbos per koppie kookwater. Laat trek vir 3 minute. Gebruik dit vir velaandoenings, insluitende puisies. Jy kan die mengsel aan die vel smeer in plaas van drink. Dit kan tot 8 keer per dag gedoen word. Dit kan ook aangesmeer word vir aambeie.

♦♦♦

Smeer vars suurlemoensap aan. of spons jou gesig gereeld met verdunde suurlemoensap.

♦♦♦

Die jellieagtige inhoud van die medisynebossie kan op puisies, koorsblare en skurwe vel gesmeer word.

♦♦♦

Meng 3 eetlepels heuning en 1 teelepel kaneel tot 'n pasta. Smeer aan puisies net voor slaaptyd en was volgende oggend met (lou) warm water af. Indien dit vir 2 weke daagliks gedoen word behoort jy die verskil te sien.

♦♦♦

Meng 1 pakkie kremetart en 2 pakkies Engelse sout en gooi dit in 1 groot bottel water. Skud goed sodat dit kan oplos. Drink elke oggend 1 eetlepel vol op jou nugter maag.

♦♦♦

As jy sukkel met aknee kan jy 'n rooibostee-sakkie baie sterk laat trek en jou gesig soggens en saans daarmee was of gebruik sommer 'n stukkie watte om die tee op jou gesig te smeer. Die tee sal nie jou gesig vlek nie, maar indien jy daaroor bekommerd is, spoel maar jou gesig met koel water af. Die tee sal wel die houer waarin jy die tee hou vlek, so gebruik maar 'n houertjie wat jy nie voor jammer is nie om die tee in te hou.

♦♦♦

Maak een koppie vars pietersielie fyn en smeer dit op jou swartkoppies. Stoom dan jou gesig vir sowat 15 minute en was af.

♦♦♦

Sommige mense staan ook hoog en laag by ´n room met hoofsaaklik kanfer as bestanddeel. Dit is glo veral geskik vir hoendervleispuisies wat regoor die vel kan ontstaan.

♦♦♦

Druk ´n knoffelhuisie pap en sit die olie aan die puisie.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids