Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



2.5.22

Kruie vir kwale: Masels

Maak ’n badmengsel deur 40 g wildeals-blare te bedek met 2 liter kookwater. Laat dit staan vir 2 uur.
Gooi deur ’n sif en botteleer.
Voeg die mengsel by jou badwater om te help met masels. Jy kan die geaffekteerde plekke liggies daarmee afspons.

♦♦♦

’n Tee gemaak van die blare van die koorsbossie help vir masels.

♦♦♦

Slegs vir VOLWASSE persone: Trek boegoeblare soos tee en drink saans 1 koppie hiervan saam met 2 aspiriene.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

18.4.22

Weeluis

’n Weeluis is ’n klein, plat, ovaalvormige bloedsuiende insek met ’n rooibruin kleur en kort vlerke. Die insek ruik sleg. Die weeluis kom voor in huise, veral beddens, vandaar die Engelse naam bed bugs. Dit kruip gedurende die dag weg en kom saans uit om die bloed van mense en ander soogdiere te suig. Afhangende van die temperatuur en voedselbron kan twee tot vier geslagte jaarliks uitbroei.

Simptome en behandeling
Hulle bytplekke op die vel kan irritasie veroorsaak. ’n Kalamyn-oplossing kan verligting bied hierteen. As jy enige erger reaksie het op die byt kan ’n antihistamien help.

11.4.22

Kruie vir kwale: Kinkhoes

Gebruik 5 g vars wildeals blare om ’n tee mee te maak. Laat dit vir 5 minute trek voor jy die blare verwyder. Roer 5 mℓ heuning by.
Drink die tee vir kinkhoes.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

4.4.22

Kruie vir kwale: Jig (Gout)

Gebruik 5 g vars wildeals blare om ’n tee mee te maak. Laat dit vir 5 minute trek voor jy die blare verwyder. Drink die tee vir jig.

♦♦♦

Maak tee van kruidjie-roer-my-nie en gooi by jou badwater.

♦♦♦

Maak die plekke waar dit seer is nat met bloekomolie.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

21.3.22

Lintwurms

Jy weet dat jy ’n paar meter lange lintwurm in jou het omdat dit stuk-stuk buitentoe afbreek in jou stoelgange. Hulle kan selfs na buite uitkruip.

’n Mens kry lintwurms deur byvoorbeeld vark- of beesvleis te eet wat rou of nie behoorlik gekook is nie. Rou vis kan ook lintwurm-larwes bevat. Wanneer jy ’n larwe inkry, kleef dit vas in die dermkanaal en ontwikkel dit tot ’n volwasse wurm wat maklik vier meter of langer kan raak. As daar slegs een wurm is, is die simptome min. So ’n wurm kan tot 30 jaar lank leef.

Simptome sluit in:
• ’n ongemaklike gevoel en ’n jeukerigheid om die anus
• wit, vlesige sakkies in jou onderklere, ander klere en selfs skoene
• wit stroke wat in jou stoelgang sigbaar is

28.2.22

Kruie vir kwale: Moegheid

’n Paar blare wilde roosmaryn, kankerbossie, laventel en boegoe saamgetrek as tee vir 5 minute. Dit help vir hoë bloeddruk, stres en moegheid.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

21.2.22

Oefening kan help met die herstel van pasiënte met blywende COVID-simptome

Pasiënte met blywende COVID-19 simptome wat ’n rehabilitasieprogram onder toesig voltooi het, het aansienlike verbeterings in oefenkapasiteit, respiratoriese simptome en moegheid. Dit is die bevinding van navorsers aan die National Institute for Health Research by die Leicester Biomedical Research Centre in Brittanje. Die studie is gepubliseer in die joernaal Chronic Respiratory Disease.

Die pasiënte het twee keer per week geoefen oor ’n tydperk van ses weke. Die program het aërobiese oefening ingesluit, soos stap of die gebruik van ’n trapmeul en kragoefening.