Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



19.8.19

Vriesbrand

Vriesbrand kom voor wanneer die ekstremiteite van die liggaam (ore, neus, ken, hande, voete) blootgestel word aan langdurige of intense koue blootgestel word.

Die blootstelling kan oppervlakkig wees, waar slegs die vel gevries word, of dit kan diep wees, waar beide die vel en onderliggende weefsel gevries word. In ernstige gevalle kan gangreen ontwikkel.

Vriesbrand gaan soms gepaard met hipotermie. Hipotermie moet voor vriesbrand behandel word.

Simptome en tekens
• Prikkelende pyn in aangetaste deel, gevolg deur geleidelike gevoelloosheid.
• Beweging van die aangetaste deel is moeiliker.
• Die vel voel hard en styf.
• Die vel lyk oormatig wit of het blou spikkels.
Behandeling
1. Sorg dat die persoon binnemuurs is of ordentlike skuiling het.
2. Verwyder enige klerasie of bedekking om die aangetaste deel.
3. Maak enige beklemmende klerasie of juweliersware los.
4. Verwarm die aangetaste deel met jou liggaam.
5. Plaas die aangetaste deel nou in warm water – indien beskikbaar.
6. Indien die tekens en simptome binne ’n uur verbeter kan jy die behandeling staak, maar moet nie die persoon weer aan koue blootstel nie.
7. Lig die aangetaste deel op om swelsel en pyn te verlig.
8. Bedek die aangetaste deel met ’n sagte wondbedekking.
9. Neem die persoon na ’n hospitaal.

Waarskuwings
• Moenie die persoon op ontdooide voete laat loop nie.
• Moet nie die aangetaste dele vryf of masseer nie.
• Moenie blase oopbreek nie. • Moenie salf aan die aangetaste deel smeer nie.
• Moenie die aangetaste deel met droë of uitgestraalde hitte verwarm nie.


Stadia van vriesbrand

12.8.19

Porfirie

Porfirie is ’n foutiewe stofwisseling van die bloedkleurstof. Daar is ’n opeenhoping van kleurstowwe (porfiriene) in die bloed, wat uiteindelik in die urien uitgeskei word.

Daar is verskeie tipes porfirie. Die mees algemene Suid-Afrikaanse tipe, porphyria variegata, word gekenmerk deur velletsels en hoe porfirienuitskeiding in die stoelgang en urien.

Die eerste stap is om enige snellers te vermy. Behandeling sal afhang van jou tipe porfirie. 'n Vitamien D aanvulling is gewoonlik 'n goeie idee.

5.8.19

Plantar Fasciitis

Die mees algemene oorsaak van hakskeenpyn is die ligament (fascia) wat onder jou voet loop van die hakskeenbeen tot by die tone. Indien die spanning op die band te veel is voel jy pyn.

Dit kan ouderdomsverwant wees of weens jou werk. Nog ’n oorsaak is indien jy te vêr gehardloop of geloop het.

Opsies vir behandeling sluit in: rus, fisioterapie, verbande, binnesole, strek van die spier, of ’n kortisoon inspuiting. In ekstreme gevalle kan ’n operasie nodig wees.

29.7.19

Follikulitis

Dit kom algemeen voor en is as gevolg van die haarsakkie wat ontsteek, gewoonlik as gevolg van ’n bakteriële of fungus infeksie. Dit is nie lewensgevaarlik nie, maar dit kan soms lelike sere veroorsaak. Ingroei hare is een tipe.

Simptome
Klein rooi knoppies of wit puisies rondom haartjies. Dit kan later blasies vorm wat oopbars en rowe vorm. Vel jeuk.
Vel wat pyn.
Dit kan ook ’n groot knop vorm.

Behandeling
Mens kan dit probeer verhoed deur nie vreeslike stywe klere te dra nie. Deur minder te skeer, indien jy dit doen en wanneer jy skeer baie versigtig te werk te gaan. Was jou ook met warm water en antibakteriële seep voor jy skeer. Skeer in die rigting wat die hare groei. Spoel die skeermes tussendeur af met warm water. Sorg ook dat jy nie vuil baddens of swembaddens gebruik nie.
Besoek ’n dokter indien dit nie verdwyn na ’n paar dae nie. Behandeling bestaan gewoonlik uit ’n antibiotiese room of ’n anti-fungus room.

Boereraat:

'n Boereraat is 'n koppie appelasyn by jou badwater. Dit help om die vel te beskerm teen infeksie en daai puisies op die boude.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

22.7.19

Die nuwe robot verpleegster

Hospitale in Texas, Amerika het ’n robot-assistent vir verpleegsters getoets en dit blyk ’n baie gewilde besluit te wees. Die ontwikkelaars van dié tegnologie het nou saam met verpleegsters en ander mediese personeel gewerk voor hulle die robot, Moxi, begin bou het. Die robotte verrig soveel roetinetake as moontlik, byvoorbeeld die vervoer van monsters na laboratoriums, die aanvulling van medisyne voorraad en die voorbereiding van kamers vir nuwe pasiënte.

Niemand hoef vir die robot ’n opdrag gegee nie. Hulle is verbind aan die hospitaal se netwerk en weet outomaties daar is werk, soos die status van pasiënte op die stelsel verander.

Die nuwe verpleeghulp verlig die druk op die reeds oorwerkte verpleegsters om beter te fokus op die versorging van pasiënte.

Die robotte sal later vanjaar by ’n paar hospitale in Texas in diens geneem word.



18.7.19

Kruie vir kwale: Skilfers

Teeboom-olie (tea tree oil) help vir skilfers. Wanneer jy jou hare was, gooi 1 tot 3 druppels van die olie by die sjampoe in jou hand. Masseer stadig in jou kopvel in. Indien jou hare gekleur is of ’n chemiese behandeling ondergaan het, is dit beter om eers ’n klein area met hare te toets.

♦♦♦

Vir olierige hare met skilfers kan jy roosmaryn-olie gebruik. Wanneer jy jou hare was, gooi 1 tot 3 druppels van die olie by die sjampoe in jou hand. Masseer stadig in jou kopvel in. Indien jou hare gekleur is of ’n chemiese behandeling ondergaan het, is dit beter om eers ’n klein area met hare te toets.

♦♦♦

Kruisement-olie help ook teen skilfers. Wanneer jy jou hare was, gooi 1 druppel olie by elke 15 ml sjampoe in jou hand. Masseer stadig in jou kopvel in. Indien jou hare gekleur is of ’n chemiese behandeling ondergaan het, is dit beter om eers ’n klein area met hare te toets.

♦♦♦

Laventel-olie help ook teen skilfers. Wanneer jy jou hare was, gooi 1 tot 3 druppels van die olie by die sjampoe in jou hand. Masseer stadig in jou kopvel in. Indien jou hare gekleur is of ’n chemiese behandeling ondergaan het, is dit beter om eers ’n klein area met hare te toets.

♦♦♦

Olie van die malvaplant kan ook gebruik word as 'n teenvoeter vir skilfers. Wanneer jy jou hare was, gooi 1 tot 3 druppels van die olie by die sjampoe in jou hand. Masseer stadig in jou kopvel in. Indien jou hare gekleur is of ’n chemiese behandeling ondergaan het, is dit beter om eers ’n klein area met hare te toets.

♦♦♦

Vir olierige hare met skilfers kan jy bergamot-olie gebruik. Wanneer jy jou hare was, gooi 1 tot 3 druppels van die olie by die sjampoe in jou hand. Masseer stadig in jou kopvel in. Indien jou hare gekleur is of ’n chemiese behandeling ondergaan het, is dit beter om eers ’n klein area met hare te toets.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

15.7.19

Wil jy jou drome onthou?

Nuwe navorsing aan die Universiteit van Adelaide het bevind dat vitamien B6 mense kan help om hul drome te onthou.

Vitamien B6 beïnvloed nie die helderheid, kleur of ander aspekte van drome of slaappatrone nie.

Dit kom natuurlik voor in verskillende kosse, insluitende graan, peulgewasse, vrugte (soos piesang en avokado), groente (soos spinasie en aartappel), melk, kaas, eiers, rooivleis, lewer en vis.