Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



11.12.17

Voetfrakture

Voetfrakture is gewoonlik die gevolg van ’n eksterne oorsaak; byvoorbeeld as ’n swaar voorwerp op jou voet val. Dit kan egter ook deur ’n val, sprong of verdraaiing veroorsaak word.

Simptome en tekens
• Pyn in die voet wat deur beweging vererger word.
• Teerheid by die plek van die fraktuur.
• Die plek kan geswel en gekneus wees.
• Die voet kan misvorm wees.

6.12.17

Kanker van die larinks

In algemene omgangstaal praat ons gewoonlik van die strottehoof wanneer ons na die larinks verwys. Dit is die agterste gedeelte van die keel en die boonste gedeelte van die lugpyp, waarin die stembande is.

Kanker van die larinks word meesal verbind met rook of die gebruik van alkohol. Dit kom meer by mans as vrouens voor.

Simptome en tekens
Dit kan insluit:
• Probleme om te sluk.
• Jy skei meer speeksel af as normaalweg.
• Sooibrand.
• ’n Dowwe pyn agter die borsbeen.
• Heesheid en ’n gereelde droë hoes.
• Kortasem.
• Oormatige sweet.
• Jy voel oor die algemeen swak.
• Slapeloosheid.

4.12.17

Kan dagga help teen kanker?

Daar is verskeie argumente vir en teen die gebruik van dagga deur kankerpasiënte. Die realiteit is dat daar nie veel navorsing is wat pasiënte betrek nie. Diere word gebruik.

Daar is ook ’n verskil tussen die vorm en gebruik van dagga in mediese praktyke en die direkte gebruik daarvan vir ontspanning. Meeste navorsing kyk nie na dagga soos dit vir ontspanning gebruik word nie.

Minder as ’n maand gelede het navorsers aan die Onkologie Instituut van Vojvodina in Serwië ’n nuwe studie publiseer oor die effek van dagga op die groei en dood van kankergewasse. Hulle bevinding was dat dagga dalk die vorming van kankergewasse teenwerk. Die beskikbare navorsing moet egter op mense getoets word en alle vorme van dagga moet gebruik word.

Die studie is gepubliseer in The Journal of Alternative and Complementary Medicine (JACM).

29.11.17

Knieskyffraktuur

Die knieskyf lê aan die voorkant van die kniegewrig en vorm die ankerpunt vir die groot spiere van die dy en die ligamente van die skeenbeen. Dit kan gebreek word deur ’n regstreekse hou of as gevolg van spierwerking.

Simptome en tekens
• Erge pyn in die knie, veral aan die voorkant.
• Teerheid om die knieskyf
• Die persoon kan nie die knie buig nie.
• Aanvanklik is dit erg geswel, met kneusplekke wat later sal wys.

28.11.17

Moontlike behandeling vir gloukoom

Daar is tans geen effektiewe behandeling vir gloukoom nie, die tweede grootste oorsaak van blindheid by die mens. Daar word gereken dat 80 miljoen mense wêreldwyd hieraan ly. Wetenskaplikes aan die University of California, Berkeley en die University of Toronto het egter onlangs ’n molekule ontdek met die potensiaal om die progressie van gloukoom te stop. Die uiteindelike doel is om die inligting te gebruik om nuwe geneesmiddels vir die mens te ontwikkel. Die navorsing is gepubliseer in die Journal of Clinical Investigation. (foto: Jeremy Sivak / University of Toronto)

22.11.17

Suiker en kanker

’n Navorsingsprojek van nege jaar het nou bewyse bevind van hoe die Warburg-effek plaasvind. Die Warburg-effek verwys na die verskynsel waar kankerselle suiker afbreek. Dit stimuleer die groei van kankergewasse. Hierdie ontdekking bied bewyse van die verband wat daar bestaan tussen suiker en kanker.

Die navorsing is gedoen deur die Vlaamse Instituut vir Biotegnologie en gepubliseer in die akademiese joernaal Nature Communications.