Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



11.9.17

Poniesterte vir kanker

72 meisies het hul poniesterte afgesny om dit aan Kansa te skenk, wat dit dan gebruik om pruike vir kankerpasiënte te maak, berig Andrea Küsel.

6.9.17

Kolonkanker

Kolonkanker kom meer onder vrouens as mans voor. Volgens die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) kry een uit elke 97 mans en een uit elke 162 vroue kolonkanker. Wêreldwyd is dit die derde algemeenste soort kanker.

Kolonkanker ontstaan weens die abnormale groei van selle. In ’n klein persentasie van die gevalle gebeur dit as gevolg van genetiese afwykings. Algemene oorsake is rooi- en geprosesseerde vleis en min vesel. Ander risikofaktore sluit in leefstyl, ouderdom, geslag, alkohol, rook en ’n gebrek aan oefening.

Tekens en simptome sluit in bloeding in die stoelgang, ’n verandering in toiletgewoontes, gewigsverlies en ’n langdurige gevoel van moegheid, en naarheid en vomering in mense ouer as 50 jaar.

4.9.17

Kafeïen laat smag jou na soetgoed

Kafeïen, daai goeie vriend wat ons oggend na oggend aan die gang kry, is dalk verantwoordelik daarvoor dat jy soms so na soetgoed smag.

Kafeïen onderdruk ons adenosienreseptore – daardie reseptore wat ontspanning en slaap bevorder. Navorsers aan die Cornell Universiteit het nou bevind dat kafeïen ook ons smaakreseptore onderdruk, wat veroorsaak dat iets nie heeltemal so soet proe nie. Ironies genoeg, veroorsaak dit dat ons net meer smag na soetgoed.

(“Caffeine May Reduce Perceived Sweet Taste in Humans, Supporting Evidence That Adenosine Receptors Modulate Taste” is gepubliseer in die Journal of Food Science)

30.8.17

Sleutelbeenfrakture

’n Sleutelbeenfraktuur kom gewoonlik voor as jy op jou skouer val of op ’n uitgestrekte hand aan daardie skouer se kant.

Simptome en tekens
• Pyn op die plek van die besering. As jy beweeg voel dit erger.
• Jy wil glad nie die ledemaat aan die beseerde kant beweeg nie.
• As jy die arm aan die beseerde kant by die elmboog stut, kan jy jou kop in die rigting van die beseerde kant skeef hou en sodoende die pyn verlig.
• Swelsel of misvormdheid kan by die plek van die fraktuur gesien of gevoel word.

Neem die persoon na ’n hospitaal.

23.8.17

Spinasie is goed vir jou ... en avokado en eiers

Spinasie is lank reeds ’n gunsteling vir diegene wat fisies fiks wil bly, maar navorsers aan die Universiteit van Illinois het nou bevind dat dit ook jou brein gesond hou.

Die navorsing het bevind dat middeljarige persone met hoë vlakke van luteïen, ’n voedingstof wat in groen blaargroente soos spinasie voorkom, se breinfunksies is soortgelyk aan die van jonger persone. Ander bronne van luteïen is avokado’s en eiers.

Soos ons ouer word gaan ons breinfunksies agteruit. Die eerste tekens hiervan kan reeds in ons dertigs gesien word. Dit lyk asof luteïen hierdie agteruitgang vertraag.


Die navorsers, professor Naiman Khan en Anne Walk.

(Die studie is gepubliseer in Frontiers in Aging Neuroscience)

(foto: L. Brian Stauffer)

21.8.17

Maagkanker

Daar is 4 faktore wat jou kanse vergroot om maagkanker te ontwikkel:

1. As jy deel van die A-bloedgroep is.
2. As jy geneig is om maagsere te ontwikkel.
3. As jou dieet nie genoeg vrugte en groen en geel groente bevat nie.
4. As jy te veel sout eet.

16.8.17

Frakture van die ribbes en borsbeen

’n Harde hou of val veroorsaak gewoonlik ’n gekraakte of gebreekte rib of borsbeen.

Simptome en tekens
• Pyn op die kraak/breuk, wat vererger word deur asemhaling of hoes
• Wees ook op die uitkyk na moontlike inwendige bloeding of ’n oop wond

Kry die persoon by ’n hospitaal. Indien moontlik, laat die persoon regop sit op pad soontoe.