Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



15.3.17

Kinderstuipe

Kinderstuipe kom gewoonlik voor by kinders tussen een en vier jaar. Dit is normaalweg ’n simptoom van ’n hie koors, veroorsaak deur ’n aansteeklike siekte of keel- of oorinfeksie.

Dit is selde gevaarlik, maar kan nogal ontstellend wees vir die ouers.

Simptome en tekens
• Hoe koors
• Sweet
• Sametrekkings van die gesigspiere en ledemate
• Oë kan skeel kyk of self omdop
• Die hele lyf kan styftrek met die kop agteroor en die rug gekrom
• Die kind kan asem ophou
• Daar kan skuim om die mond wees

Kry mediese hulp.

14.3.17

Hoe stop jy ’n hik?

1. Vra die persoon om stil te sit en asem op te hou, of laat die persoon iets drink.
2. As dit nie werk nie plaas ’n papiersak (NIE PLASTIEK NIE) oor die persoon se mond en neus en laat hom / haar in- en uitasem.
3. As hikkery langer as ’n paar uur aanhou, kry mediese hulp.

Boereraat:

Haal diep asem en probeer jou asem ophou vir 25 sekondes. Eet dan een teelepel suiker.

♦♦♦

Meng een teelepel heuning met ’n halwe glas water. Drink dit sonder om asem te haal.

♦♦♦

Drink een eetlepel wit asyn.

♦♦♦

Maak die persoon wat hik skrik.

♦♦♦

Gooi asyn oor 1 teelepel suiker sodat dit net nat is. Eet die suiker.

♦♦♦

Gooi 1 teelepel koeksoda in ’n halwe glas water en roer. Drink elke 2 uur solank jy hik.

♦♦♦

’n Teelepel bruinsuiker gedoop in asyn neem hik weg.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

8.3.17

Astigmatisme

Wanneer die ronding van die oog se lens of kornea ongelyk is praat ons van astigmatisme. Dit lei tot dowwe en verwronge beelde.

’n Bril met spesifiek gevormde lense kan die probleem hanteer.

3.3.17

Sinusitis

Sinusitus is ontsteking van die neussinusse. Simptome sluit in pyn in die voorkop en wange en soms ´n groen, geel of bloederige afskeiding uit die neus. Seer keel, naarheid en slegte asem kan voorkom as gevolg van postnasale drup. Oorsake kan akuut of chronies wees. Akute sinusitis word dikwels veroorsaak deur bakteriese- of virusinfeksies in die neus, keel en boonste lugweë. Chroniese sinusitis kan veroorsaak word deur klein vergroeiings in die neus, beserings van die neusbene, tabakrook en blootstelling aan irriterende dampe en reuke. Dit is besonder moeilik om chroniese sinus suksesvol te behandel. Allergiese sinusitis kan veroorsaak word deur hooikoors of voedselallergieë, veral suiwelprodukte.

Stoom sal help om slym op te klaar en ´n bevogtiger kan asemhaling vergemaklik. Gebruik egter ontstuwers volgens aanwysings.

Soek mediese hulp indien jy aan chroniese sinusitis ly of indien daar swelling rondom die oë voorkom. Meer as een mediese spesialis moet liefs geraadpleeg word in die geval van chroniese sinusitis. Ander moontlike oplossings soos akupunktuur kan ondersoek word.

Druk met die punte van jou middelvingers op die kepies net onder jou neusgate elke halfuur vir 'n paar minute om sinuspyn te verlig. Gaan sien jou dokter indien dit nie help nie.

Boereraat:

Kos met preserveermiddels vererger sinus. Sny dit uit.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

1.3.17

Groot epilepsie

Die meeste groot epileptiese toevalle kom onverwags. Soms het die persoon wel ’n gevoel of een of ander ander aanduiding dat iets verkeerd is.

Simptome en tekens
• Die persoon raak skielik bewusteloos en val – soms gee die persoon ’n vreemde skree.
• Die persoon kan vir ’n paar sekondes verstyf en asemhaling kan ophou. Die mond en lippe sal blou word en die gesig en nek kan saamtrek.
• Die spiere ontspan dan en begin krampagtig saamtrek. Asemhaling kan dan moeilik wees en skuim kan by die mond uitkom. Die persoon kan ook beheer verloor oor hul blaas.
• Die spiere sal uiteindelik ontspan, maar die persoon sal nog ’n paar minute lank bewusteloos wees.
• Die hou gewoonlik nie langer aan as 5 minute nie. Daarna sal die asemhaling weer normaal word en die persoon sal wakker word, maar kan bedwelmd en deurmekaar voorkom.

Lees meer oor epilepsie en wat jy moet doen as iemand ’n aanval beleef.

27.2.17

Daar is hoop vir die behandeling van Alzheimer se siekte

In ’n navorsingsprojek aan die Universiteit van Manchester in Brittanje is ’n eksperimentele model van Alzheimer se siekte suksesvol behandel met antiinflammatoriese medikasie. Die navorsingspan het daarin geslaag om geheueverlies en inflammasie van die brein in muise heeltemal om te keer. Die navorsing dui ook op ’n moontlike sterk verband tussen inflammasie van die brein en Alzheimer se siekte.

Die meeste mense neem op een of ander stadium van hul lewens ’n nie-steroïede antiinflammatoriese middel. Die navorsing toon dat sekere van hierdie middels moontlik gebruik kan word om skade aan breinselle te verhoed en selfs te herstel. Dit is ook belangrik dat die medikasie reeds in gebruik is, wat die ontwikkeling van nuwe demensie medikasie aansienlik sal verhaas.

Daar word tans voorberei vir fase twee van die studie wat sal begin fokus op die gebruik van die middels vir die mens.

Die studie is gepubliseer in die joernaal Nature Communications.



(foto: University of Manchester)

22.2.17

Vêrsiendheid

Vêrsiendheid beteken die persoon kan vêraf voorwerpe goed sien, maar sukkel indien dit te naby is.

Dit kom voor wanneer die oog se lens (kornea) te konveks is en nie platter kan raak nie. Die lens buig ligstrale nie genoeg nie en lig word agter die retina gefokus. Die beeld van naby voorwerpe is dus uit fokus.

’n Bril met bolvormige lense word normaalweg voorgeskryf.