Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



30.1.17

Harsingdruk

’n Uiters ernstige toestand waar druk op die brein uitgeoefen word deur bloed wat in die skedel versamel of deur die been weens ’n fraktuur.

Harsingdruk kan op harsingskudding volg en kan tot 48 uur later ontwikkel, nadat ’n persoon skynbaar herstel het van harsingskudding.

Simptome en tekens
• Asemhaling word raserig
• Temperatuur kan styg – die gesig word blosend maar bly droog
• Pols is vol en bonsend, maar stadig
• Die pupille kan verskillende groottes hê
• Die een kant van die lyf kan swak voel of verlam wees

26.1.17

Kruie vir kwale: Slym

Sny ’n wit ui in dun skyfies en strooi bruinsuiker daaroor. Laat die staan sodat dit ’n stroop kan trek. Gee dan 5 mℓ van die stroop elke uur. Dit sal help teen die slym.

♦♦♦

LET WEL: Wynruit moet slegs onder toesig van ’n dokter of ander kundige persoon gebruik word. Dit het giftige eienskappe en sommige mense se velle is uiters sensitief daarvoor.
Vir slym op die bors by kinders kook jy ’n hand vol wynruit saam met ’n hand vol boegoe in 2.25 liter water. Laat dit kook tot die water met die helfte verminder het.
Gooi dit deur ’n sif en behou die vloeistof. Gooi dit terug in die kastrol.
Gooi 500 g suiker by en kook stadig terwyl jy aanhoudend roer, tot die suiker opgelos is.
Gee die kind 5 mℓ van hierdie stroop 4 maal per dag.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

23.1.17

Die voordeel van oefening tydens swangerskap

Navorsers aan die Thomas Jefferson Universiteit in Amerika het besluit om weer die onderwerp van oefening tydens swangerskap onder oë te neem.

Hulle bevinding was dat dit nie net veilig is nie, maar ook voordelig is vir ’n swanger vrou om oefening te doen. Nie net verminder dit die kanse dat die baba vroeg gebore word nie, maar die verlaag ook die kanse dat ’n keisersnee sal nodig wees om die baba te verlos.

Nog ’n bevinding was dat vrouens wat oefen tydens swangerskap se bloeddruk geneig is om meer normaal te wees.

Die studie is gepubliseer in die Journal of Obstetrics & Gynecology as “Exercise during pregnancy in normal-weight women and risk of preterm birth: a systematic review and meta-analysis of randomized controlled trials”.

18.1.17

Die behandeling van harsingskudding

Harsingskudding is ’n tydelike breinversteuring. Dit word ook soms “konkussie” genoem.

1. In minder ernstige gevalle moet jy die persoon net gereeld monitor en voorstel dat julle ’n 1. dokter gaan spreek/2 dokter besoek.
2. Behandel vir skok indien nodig.
3. Kyk gereeld na die persoon se asemhaling, pols en bewussynsvlak. Kyk ook vir tekens van harsingdruk.
4. As daar enige twyfel is oor die persoon se toestand, sorg dat die persoon na ’n hospitaal geneem word.