Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



23.12.16

Heimlich op jouself

Indien jy verstik sonder dat daar enige ander persoon in die omtrek is om jou te help nie, kan jy selfs die Heimlich-tegniek op jouself toepas sê Meiring. Kyk die volgende video om te verstaan hoe.

21.12.16

Die behandeling van bewusteloosheid

Hierdie is ’n algemene behandeling vir wanneer jy nie weet wat fout is met die persoon nie.

1. Sorg dat die persoon se lugweë oop is, verwyder enige voorwerpe uit die mond en maak stywe klere om die nek, bors en middellyf los.

2. Indien asemhaling ophou begin dadelik met kunsmatige asemhaling.

3. Ondersoek die persoon en probeer vasstel wat fout is.

4. Probeer die bewussynsvlak vasstel, toets die pols en asemhaling.

5. Indien die persoon asemhaal, plaas in die herstelposisie.

6. Bedek die persoon met ’n kombers; indien beskikbaar.

7. Toets gereeld die asemhaling en pols indien die persoon nie gou by ’n hospitaal of mediese personeel uitkom nie.

Om die ken te lig is een van die maklikste maniere om te sorg dat die lugweg oop is.

20.12.16

Maak só tydens ‘n noodgeval in die water

Indien iemand in die water in die moeilikheid beland:

1) Kry die persoon onmiddellik uit die water.
2) Ontbied hulp deur bv. 084 124 te skakel.

14.12.16

Vlakke van bewusteloosheid

Bewusteloosheid is die gevolg van die versteuring van breinfunksies. Die erns van die toestand word gewoonlik bepaal deur die persoon se reaksie op sekere stimuli, soos byvoorbeeld klank en aanraking.

Bewustelose persone moet so gou as moontlik by ’n hospitaal kom.

Daar is verskillende vlakke van bewusteloosheid. Die eerste vlak is ’n persoon wat nog volle bewussyn toon:

1. Normaal op vrae en ’n gesprek reageer.

2. Beantwoord slegs regstreekse vrae.

3. Beantwoord vrae vaagweg.

4. Kan bevele gehoorsaam, byvoorbeeld: “Beweeg jou vingers.”

5. Reageer slegs op pyn.

6. Reageer glad nie.

(skildery: “Flaming June” deur Frederic Lord Leighton, 1895)

7.12.16

Dagga toe nie so skadelik vir volwassenes nie

Selfs na baie gereelde gebruik blyk dit dat die impak van dagga op die liggaam minimaal is vir iemand onder 40 jarige ouderdom.

Dit is die bevinding van ’n studie wat onlangs gepubliseer is in die joernaal JAMA Psychiatry. Meer as ’n duisend mense tussen die ouderdomme van 18 en 38 is betrek by die navorsing. Nie net is die plant nie so skadelik nie, dit toon klein gesondheidsvoordele soos laer cholesterol. Die enigste negatiewe effek is aanpksels en verkleuring van tande wat soms voorkom.

Dieselfde groep navorsers het voorheen navorsing gedoen oor die gebruik van die plant onder tieners. Hulle het bevind dat dit die intelligensie koëffisiënt van ’n tiener met tot 8 punte kan verminder. Dieselfde gebeur egter nie met volwassenes nie.

30.11.16

Die outonome senuweestelsel

Die outonome senuweestelsel is ’n netwerk van senuwees wat onwillekeurige spiere beheer. Dit is spiere wat noodsaaklike funksies van die liggaam soos sirkulasie, asemhaling en spysvertering reguleer. Die stelsel werk aanhoudend, of die persoon nou wakker is of slaap. Dit hou selfs aan wanneer die res van die brein doodgaan.