Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



7.9.16

Floute

’n Floute is ’n kort verlies van bewussyn – wat gewoonlik slegs ’n paar minute duur. Dit word veroorsaak deur ’n tydelike vermindering van die vloei van bloed na die brein. Herstel is gou en volledig.

Dit kan ’n senuweeagtige reaksie op pyn of skrik wees; of die gevolg van ’n emosionele gebeurtenis, moegheid of gebrek aan kos. Dit is egter meer algemeen na lang tydperke van geen fisiese aktiwiteit, waar gebrek aan spieraktiwiteit veroorsaak dat ’n groot volume bloed in die onderste dele van die liggaam en bene versamel en dus die hoeveelheid bloed verminder wat vir sirkulasie beskikbaar is.

Simptome en tekens
Die simptome en tekens is baie dieselfde as vir skok, maar:
• Die pols sal STADIG en swak wees – dit is ’n belangrike teken
• Die persoon sal bleek wees

31.8.16

Die behandeling van skok

1. Stel die persoon onmiddellik gerus.

2. Indien die persoon se toestand dit toelaat, laat hom/haar op op hul rug op ’n kombers lê. Hou die kop laag en na die eenkant gedraai – dit help met bloedtoevoer na die brein en met die gevaar van vomering. Lig die bene op – tensy daar beenfrakture is.

3. Hou die persoon warm. Bedek met ’n kombers.

4. Maak stywe klere los om sirkulasie en asemhaling aan te help.

5. Soek die oorsaak van die skok en behandel indien moontlik.

6. Indien die person dors is, maak die lippe nat met water, maar moenie iets gee om te drink nie.

7. Toets asemhalingstempo, pols en bewussynsvlak elke 10 minute.

8. Indien die persoon se asemhaling moeilik word, indien vomering waarskynlik lyk of indien die persoon bewusteloos raak, plaas hom/haar in die herstelposisie.

9. Indien asemhaling en hartklop ophou, begin onmiddellik met resussitasie.

10. Kry die person sodra moontlik by die hospital, verkieslik in die behandelingsposisie.



(foto Julian Harneis)

26.8.16

Eet Reg - Zelda Ackerman

Vetsug neem skokwekkend toe in Suid-Afrika, veral onder tieners. Hierdie boek wys hoe emosionele eet ontstaan en hoe om dit te voorkom. Eet reg is propvol gesaghebbende raad wat regtig werk. Bevry jouself en jou kinders vir altyd van emosionele eet en verwelkom 'n leeftyd van lekker én gesond eet. Met resepte, eetplanne en sielkundig begrond.

* Leer jou kind om negatiewe emosies gepas te hanteer.
* Skep die optimale huis vir die voorkoming van emosionele eet en oorgewig.
* Voed jou gesin optimaal
* Leer jou kinders gesond eet en eet self reg – lewenslank.
* Hoe om ‘n kind wat reeds oorgewig is te hanteer.

Zelda Ackermann is 'n geregistreede dieetkundige wat skryf vir Baba & Kleuter. Met die samewerking van gerekende sielkundige Louis Awerbuck.

24.8.16

Skok

Dit is baie belangrik om kennis te hê van skok, want dit is ’n baie algemene toestand wat voortspruit uit verskeie vorms van beserings of siektes wat die volume van bloed of vloeistof in die liggaam verminder. Dit kan wissel van swakheid tot totale ineenstorting.

Skok staan algemeen bekend as "traumatiese" skok (beseringskok) en is ’n ernstige toestand wat noodlottig kan wees selfs nadat die ongeval se beserings toereikend behandel is. Dit kan deur die volgende voorbeelde van verlies van bloed of vloeistof veroorsaak word: 1) bloedverlies deur uitwendige of inwendige bloeding; 2) plasmaverlies weens groot brandwonde; 3) waterverlies weens ingewandsobstruksie; 4) herhaalde vomering of ernstige diarree, 4) akute buiknoodgevalle; of 5) hartversaking. Ernstige pyn of vrees kan ’n soortgelyke toestand skep.

Simptome en tekens
Die liggaam reageer op skok deur meer bloed te stuur na die slagare wat die noodsaaklike organe voed (byvoorbeeld brein, hart en niere) ten koste van dié wat die minder belangrike weefsels (bv. spiere en vel) voed. Namate die persoon se toestand versleg, sal die simptome en tekens duideliker word.

• Die persoon sal swak en lighoofdig voel en angstig en rusteloos wees.
• Die persoon kan ook naar voel en dalk vomeer.
• Ongeval kan dors wees.
• Vel word bleek, koud en klam en sweet kan ontwikkel.
• Asemhaling kan vlak en vinnig wees, ongeval kan gaap en sug.
• Polstempo neem toe maar word swakker en soms ongereeld namate die volume bloed of vloeistof daal.
• Bewusteloosheid kan ontwikkel.
• Daar kan tekens van gepaardgaande uitwendige of inwendige besering wees.

Verseker ’n toereikende bloedtoevoer na die hart, longe en brein. Stel die oorsaak van die skok vas, behandel dit en sorg dat die persoon by ’n hospitaal kom.

Behandeling van skok

22.8.16

Oudste praktiserende oor- neus- en keelspesialis se raad vir n goeie lewe

Dr. John Callaghan, bekende oor- neus- en keelspesialis van Pretoria, het onlangs sy negentigste verjaardag gevier, in sy spreekkamer by sy praktyk waar hy nog daagliks praktiseer. En nee, hy is nie te oud nie, inteendeel, hy is vlymskerp. Hy sukkel bietjie om te onthou watter kleur sy hare was voordat dit grys geword het, maar onthou elke detail van ‘n onlangse operasie waar hulle vir ‘n pasiënt ‘n nuwe stemband gebou het. “Sy kon glad nie praat nie en nie meer haar beroep beofen nie. Dit was vir my baie mooi dat ons haar kon help.”

En dit is presies hoekom hy hoop om nog vir baie jare te doen wat hy geniet. “Dit gee my soveel plesier om mense te opereer en te help en ‘n verskil te maak. Dis ‘n geweldige voorreg om te werk. Aftree is net ‘n mors van tyd. Wie wil dit nou doen?”