Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



6.4.16

Noodbehandeling vir vergruising

1. Beheer ernstige bloeding en behandel alle wonde en frakture. Teken die tyd aan wat jy die gewig verwyder.

2. Indien die ledemaat bevry kan word, verwyder enige gewig. Laat die persoon lê met die kop omlaag en bene omhoog – indien moontlik.

3. Immobiliseer die ledemaat met kussings en/of opgerolde klere of handdoeke en lig die ledemaat op – indien die besering dit toelaat. Waar moontlik moet sulke beserings nie bedek word nie.

4. Behandel vir skok.

5. Toets die asemhaling en pols elke 10 minute.

6. Indien die persoon bewusteloos is of raak maar normaal asemhaal, plaas in die herstelposisie.

7. Pas kunsmatige asemhaling toe indien nodig.

8. Die persoon moet sodra moontlik by ’n hospitaal kom en die persoon se posisie moet sovêr moontlik behou word. As dit langer neem as 30 minute om die persoon by die hospitaal te kry en jy is seker daar is nie inwendige beserings nie, gee die persoon slukkies koue water.

9. Indien die vergruising beperk is tot vingers, hand of voet, plaas die beseerde deel onder koue lopende water en wend ’n koue wondbedekking aan.

4.4.16

Toets jou ore by die huis soos Nataniël

’n Nuwe Suid-Afrikaanse app kan jou gehoor toets en jou na die naaste oudioloog verwys as die toetsuitslag op ’n probleem dui.

30.3.16

Vergruising

Hierdie tipe besering behels gewoonlik skade aan die vel, spiere en been.

Daar moet sodra moontlik mediese hulp verkry word. Daar kan ernstige inwendige en uitwendige bloeding wees. Beskadigde bloedvate wat ledemate voed kan tot gevolg hê dat die ledemaat verloor word.

Serum wat in die beseerde weefsel beland kan die bloeddruk laat daal en die persoon in skok laat gaan.

Daar kan ook ’n opbou van toksiese chemikalieë in die liggaam wees weens stowwe wat deur beseerde spiere vrygestel word. Hierdie stowwe kan noodlottige nierversaking veroorsaak.

Simptome en tekens

• ’n Vergruisde ledemaat kan ’n prikkeling of dooie gevoel hê.
• Opgeswelde en harde weefsel rondom die beseerde deel weens serum.
• Kneusing en blaarvorming.
• Die tipiese simptome en tekens van ’n fraktuur.
• So ’n ledemaat sal koel, bleek en sonder pols wees.
• Simptome en tekens van skok.

28.3.16

Die voordeel van sjokolade tydens swangerskap

’n Interessante bevinding in ’n onlangse studie het getoon dat sjokolade die bloedsomloop in die uterus, plasenta en fetus verbeter.

Die navorsing is gedoen by die Université Laval Québec City in Kanada.

23.3.16

Die behandeling van bloeiende spatare

1. Ontbloot die wond en oefen regstreekse druk uit met jou vingers of palm.

2. Laat die persoon op sy / haar rug lê en lig die beseerde been so hoog as moontlik om die bloed na die hart te laat terugvloei.

3. Maak alle stywe klere los of verwyder dit.

4. Plaas ’n steriele, ongemedikeerde wonddekking op die wond. Dit moet groot genoeg wees om die area om die wond ook te dek. Maak dit styf vas om die bloeding te beheer, maar moet nie die sirkulasie afsny nie.

5. Hou die been gelig en ondersteun.

6. Behandel vir skok indien nodig.

7. Kry die persoon by ’n hospitaal, maar hou die behandelingsposisie indien moontlik.

22.3.16

Body Worlds in SA

Ons het ’n draai gaan maak by die Body Worlds Vital uitstalling in Newtown.

21.3.16

Holistiese gesondheid, Dr. Arien van der Merwe

Dr Van der Merwe gee praktiese raad oor die drie komponente wat jy moet inneem, onder meer anti-oksidante en omega 3.