Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



27.1.16

Die behandeling van wonde aan die handpalm

1. Plaas ’n steriele wondbedekking op die wond en oefen druk uit om die bloeding te beheer.

2. Laat die persoon die druk volhou deur ’n vuis te maak oor die wondbedekking – gebruik die ander hand indien daardie hand te seer is.

3. Lig die beseerde arm.

4. Verbind die vuis deur die los punte van die wondbedekking styf vas te bind oor die kneukels en sodoende die druk in stand te hou.

5. Ondersteun die arm met ’n oplighangverband.

25.1.16

Vaginale verjongingsprosedures

Dit lyk asof vaginale verjongingsprosedures ook al hoe gewilder raak. Moira besoek dr Catherine Davies om te wete te kom hoe 'n nuwe masjien wêreldwyd aan miljoene vroue verligting bied vir 'n probleem wat vir sommige 'n groot verleentheid is.

20.1.16

Wonde aan jou palm

’n Wond aan die handpalm kan ernstig bloei. Sulke wonde gaan ook soms gepaard met frakture. Indien die wond diep is, kan die senuwees en senings in die hand beskadig word.

Simptome:

Pyn by die wond.

Ernstige bloeding.

Verlies van gevoel en beweging in die vingers en hand – dit is wanneer die senuwees en senings afgesny is.


Beheer die bloeding en kry die persoon so gou moontlik by ’n hospitaal. Moet nie enige ingebedde voorwerpe probeer verwyder nie.

19.1.16

Gewigsverlies

Ons sluit by dr Jurgens Grové in Bryanston aan om waar te neem hoe hy hierdie ma-en-dogterspan deur middel van 'n enkeldag-prosedure ’n kitstransformasie besorg wat hulle volop rede gee om te glimlag!

18.1.16

Suiker ’n probleem vir hart

Wetenskaplikes aan die Universiteit van Leicester het onlangs bevind dat die vlak van suiker in jou bloed die sametrekking van jou are beïnvloed. Dit kan gevaar inhou vir jou bloeddruk en jou hart.

Hulle het aangetoon dat hoe meer suiker daar in jou bloed is, hoe erger trek jou are saam. Jou are trek saam en ontspan om jou bloeddruk te beheer. Hoe meer hulle saamtrek hoe hoër is jou bloeddruk.

’n Hartaanval vind plaas as ’n koronêre aar na die hart verstop is. Te veel suiker in jou bloed kan so ’n verstopping vererger.

13.1.16

Die behandeling van oogwonde

1. Laat die persoon op sy / haar rug lê. Ondersteun die kop en hou dit so stil moontlik. MOET NIE enige voorwerpe in die oog probeer verwyder nie.

2. Vra die persoon om die beseerde oog toe te maak indien moontlik en bedek dit met ’n steriele wondbedekking. Hou dit in plek met ’n verband of pleister.

3. Die persoon moet die gesonde oog ook stilhou, aangesien beweging die beseerde oog ook kan beweeg. Verbind die gesonde oog ook indien dit sal help. Stel die persoon gerus voor jy die oog verbind.

4. Kry die persoon so gou moontlik by ’n hospitaal.

12.1.16

Nuwe inspuiting wat vet verbrand, hoogs gespesialiseerde velsorgprodukte, en 'n tydelike gesigsontrimpeling met minimale ontwrigting

Dr. Riekie Smit gesels oor opwindende onderwerpe soos 'n nuwe inspuiting wat vet verbrand, hoogs gespesialiseerde velsorgprodukte, en 'n tydelike gesigsontrimpeling met minimale ontwrigting.