Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



6.5.15

Steekwond

Spykers, naalde, tuinvurke, relings, selfs tande, kan wonde veroorsaak wat ’n ernstige inwendige besering tot gevolg kan hê.

Indien die wond diep is, is die infeksierisiko hoog, omdat kieme en vullis dieper ingevoer kan word.


(foto James Heilman)

5.5.15

Bloubessies vir bloeddruk

Navorsers by die Florida State University in die VSA het bevind dat die inname van bloubessies goed is vir jou bloeddruk.

As jy vir ag weke lank op ’n daaglikse basis bloubessies eet verbeter jou bloeddruk glo beduidend. Een koppie vars bloubessies moet geëet word per dag, of jy kan bloubessie-poeier, gelykstaande aan ’n koppie vars bessies, by jou dieet inwerk.

4.5.15

Verwagtende pa’s ervaar ook hormoonveranderinge

Navorsers wat ’n ondersoek ingestel het na hormoonveranderinge in verwagtende ma’s en pa’s het bevind dat nie net die moeder se hormone verander nie, maar ook die pa s’n.

30.4.15

Kruie vir kwale: Demensie / Geheueverlies

So min soos 1 gram borrie saam met ontbyt help om die geheue te verbeter van persone wat in die vroeë fase van die ontwikkeling van diabetes is. Daar is ook bewyse dat dit help om demensie te bekamp.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

29.4.15

Skeurwond

Die vel kan geskeur word as dit in aanraking kom met sekere voorwerpe, byvoorbeeld doringdraad, masjinerie of ’n troeteldier se naels.

Hierdie wonde is normaalweg minder ernstig as snywonde en bloei nie so erg nie. Die gevaar van besmetting is wel groter in so ’n sny.

28.4.15

’n Verband tussen swak gesondheid en swak sperm

’n Studie van meer as 9 000 mans met vrugbaarheidsprobleme het bevind daar is 'n sterk moontlikheid dat die man ander gesondheidsprobleme onder lede het.

Daar is ook bevind dat sekere mediese toestande, soos hoë bloeddruk, algemeen onder hierdie mans is.

Omtrent 15% van alle paartjies sukkel om swanger te raak. In die helfte van die gevalle is dit as gevolg van die kwaliteit van die man se sperm.

23.4.15

Kruie vir kwale: Swaminfeksie

Teeboom-olie (tea tree oil) help vir swaminfeksies. Gooi 'n paar druppels in jou badwater.

♦♦♦

Laventel-olie help vir swaminfeksies. Gooi 'n paar druppels in jou badwater.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids