Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



7.4.15

Nuwe tegniek vir asemhalingsprobleme

Asma-lyers is geneig om diep asem te haal sodra hulle enige simptome begin ervaar. Daar is egter ’n nuwe tegniek wat daarop dui dat diep asemteue teenproduktief is.

Dié tegniek behels dat die persoon vlak asemhaal en kort asemteue gee om die inname van CO2 in te verhoog. Dit werk teen hiperventilering wat diep aanhoudende asemteue meebring wat die vlak van CO2 in die bloed laat daal. Dit laat jou lighoofdig en kort van asem.

Gewoonlik sê mense jy moet diep asemhaal as jy hiperventileer, maar dit is juis die verkeerde ding om te doen.

Dié nuwe tegniek is gepubliseer in die mediese joernaal Chest.

1.4.15

Noodhulp: Wind-uit

1. Laat die persoon in ’n ontspanne posisie sit. Indien die persoon bewusteloos is plaas hom / haar in die herstelposisie.
2. Maak enige stywe klere om die nek, bors en middel los.
3. Masseer die bobuik liggies.

31.3.15

Prostaatkanker en lewersiekte met uriene gediagnoseer

Navorsers aan die Brigham Young Universiteit in Amerika het ’n slim klein “pypie” ontwerp wat tekens van lewersiektes en prostaatkanker binne minute kan opspoor.

Jy gebruik dit deur gewoon ’n druppel uriene in die pypie te gooi. ’n Gesonde persoon se uriene sal deur die pypie vloei, terwyl ’n persoon met een van die siektes se uriene deur spesiale merkers in die pypie opgeneem word. Die merkers dui aan wat jy makeer.

Die navorsers glo dis moontlik om dieselfde sisteem vir ander siektes aan te pas.



Foto: Mark A. Philbrick

30.3.15

Mediese woordeboek en gids: L

Afrikaans - English Medical Dictionary / Afrikaanse mediese woordelys en gids vir die gesondheidswetenskappe - Slaan 'n siekte / aandoening / kwaal / gesondheidskwessie na en klik op die skakel vir meer inligting.

(Ons is tans nog besig met die kodering van die gids - dit brei stelselmatig uit.)

(Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief ’n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD)

l (l) <sien liter>

laag (layer) Plaatvormige struktuur.

labirint (labyrinth) (doolhof) ’n Reeks holtes en gange in die been van die inwendige oor.

lakrimale abses (lacrimal abscess) ’n Traansakabses.

Langerhans-eilande (islands of Langerhans, Langerhans's islands) (eilande van Langerhans) Verspreide groepe endokriene selle in die pankreas - sekreteer onder meer insulien en glukagon.

langskedelig (doligosefaal) Met ’n lang skedel.

larinks (larynx, voice box) (stemkas, strottehoof) Die kraakbenige deel van die lugkanaal tussen die farinks en die tragea wat die stembande huisves.

Lassa-koors (Lassa fever) Word veroorsaak deur kontak met items of kos wat met ’n siek rot se ontlasting besmet is.

lengte (length) <sien ook longitudinaal> Lankheid van afstand, sowel as van tyd.

lewer (liver) Die grootste klier in die liggaam geleë in die buikholte net onder die diafragma - verrig wydverspreide funksies, bv galproduksie, glikogeenberging, detoksifikasie, ens.

lewer- (hepatic) <sien hepaties>

leukemie (leukaemia) ’n Siektetoestand gekenmerk deur 'n drastiese vermeerdering van witbloedselle in die sirkulasie.

leukemies (leukaemic) M.b.t. leukemie.

lewervlekke (liver spots) (chloasma) ’n Veltoestand gekenmerk deur geelbruin kolle / vlekke wat niks met die lewer te make het nie.

liddoring (corn) (duiselig) ’n Pynlike, harde verdikking van die vel aan jou voet.

lighoofdig (dizzy) (duiselig) Dronk in die kop.

lingua (lingua, glossa, tongue) (glossa, tong) Beweeglike spierorgaan in die mond wat smaak waarneem en help by spraak-, kou- en slukbewegings.

lip (lip) Die rand van ’n voorwerp of holte.

lip (lip) Die vlesige boonste of onderste rand van die mond.

listeriose (listeriosis) Listeriose is ’n bakteriële infeksie; hoofsaaklik infeksies van die sentrale senuweestelsel.

liter (litre, l) (l) Die volume-eenheid van die metrieke stelsel; die volume van een kilogram water by standaardtemperatuur en -druk.

long (lung) 'n Sponsagtige asemhalingsorgaan in die borsholte waar bloed van suurstof voorsien en koolsuurgas daaruit verwyder word.

long-abses (lung abcess) <sien pulmonêre abses>

longaar (pulmonary vein) 'n Aar wat geoksigeneerde (suurstofryke) bloed van die longe na die hart vervoer.

longblasie (alveolus) <sien alveolus 3e inskrywing>

longitudinaal (longitudinal) <sien ook lengte> (lengteverlopend) In die rigting van die lengte-as van die orgaan of liggaam.

longontsteking (pneumonia) <sien pneumonie>

lordose (lordosis) <lees ook kifose; skoliose> (holrug) Abnormale kromming van die werwelkolom na vorentoe.

lordotiese albuminurie Albuminurie gepaard met lordose.

luieruitslag (diaper rash) ´n Rooi strook vel of ´n kolletjie-uitslag naby die anus van 'n baba. Dit word gewoonlik veroorsaak deur nattigheid en gevolglike wrywing as gevolg van ’n vuil of nat doek. Dit kan ook ´n reaksie teenoor sekere soort doeke, wasmiddels, babapoeier en afveedoekies wees. Soms is dit te wyte aan swaminfeksie.

lumbale abses (lumbar abcess) Abses in die lumbale streek.

lyk (corpse, cadaver) (kadawer) Die liggaam van 'n dooie mens.

25.3.15

Wind-uit

’n Harde hou of stamp op die maag kan jou asemhaling versteur.

Die algemene simptome vir iemand wat wind-uit is:

• Langdurige simptome is soortgelyk aan die van versmoring.
• Moeilik om in te asem.
• Die persoon kan nie praat nie.
• Die persoon hou die boonste deel van die buik vas en buk vooroor.
• Moontlike naarheid en vomering.

24.3.15

Risiko op prostaatkanker verminder deur baie bedmaats

In vergelyking met mans wat net een bedmaat tydens hul leeftyd het, kan seks met meer as 20 vroue jou risiko op prostaatkanker met 28% verminder, aldus ’n studie gepubliseer in Cancer Epidemiology. Maar, meer as 20 manlike bedmaats in 'n mens se leeftyd kan jou kanse op prostaatkanker verdubbel, in vergelyking met diegene wat nog nooit met 'n man geslaap het of met net een man geslaap het.

Mans met prostaatkanker is twee keer meer geneig om ’n familielid met kanker te hê. Maar bewyse dui daarop dat die aantal seksmaats ’n invloed op die ontwikkeling van dié kanker het. Gevolglik, die manne wat gesê het hulle het nog nooit seksuele omgang gehad nie, was byna twee keer geneig om met prostaatkanker gediagnoseer te word as diegene wat sê hulle het.

Wanneer 'n man het gedurende sy leeftyd seks gehad het met meer as 20 vroue is daar 'n vermindering van 28% in die risiko van prostaatkanker (alle vorme), en 'n 19% vermindering vir aggressiewe vorme van kanker. Dit is moontlik dat baie seksmaats 'n hoër frekwensie van ejakulasie tot gevolg het. Die beskermende effek hiervan teen prostaatkanker is al voorheen in studies waargeneem.

Volgens sommige studies is die onderliggende meganisme van hierdie beskermende effek die vermindering van die konsentrasie van stowwe wat kanker veroorsaak in die prostaat vloeistof.

Wat homoseksuele omgang betref dui die data dui daarop dat een manlike maat affekteer nie die risiko van prostaatkanker nie, in vergelyking met diegene wat nog nooit seksuele omgang gehad het met 'n man nie. Aan die ander kant, diegene wat met meer as 20 mans slaap het, is twee keer meer geneig om prostaatkanker te ontwikkel. Die risiko van 'n minder aggressiewe prostaatkanker verhoog met 500% in vergelyking met diegene wat net een manlike maat het.

23.3.15

Verband tussen 'n swak dieet en Parkinson se siekte

Onlangse navorsing op muise dui daarop dat vetsug veroorsaak deur 'n hoë-vet dieet die risiko van die ontwikkeling van Parkinson se siekte verhoog.

Tydens veroudering het 'n hoë-vet dieet die neurologiese simptome, wat verband hou met Parkinson se siekte, aansienlik versnel.

Bykomend tot die negatiewe uitwerking op glukose en insulien regulering in die liggaam kan 'n ongesonde dieet ook skade in die brein veroorsaak. Meer navorsing is nodig om die molekulêre en sellulêre meganismes betrokke te ontbloot.

Vir meer inligting raadpleeg die Journal of Neurochemistry.