Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



18.2.15

Noodhulp: Behandeling van beseerdes by 'n ontploffing


  1. Stel die persoon gerus en moet hulle nie beweeg voor jy nie seker is waar hulle beseer is nie.
  2. Na jy vasgestel het wat fout is kan jy die persoon tot in 'n halfsittende posisie help, indien die beserings dit toelaat - ondersteun die kop en skouers.
  3. Maak stywe klere om die nek, borskas en middel los.
  4. Beheer enige bloeding of brandwonde. Behandel frakture.
  5. Toets die asemhaling, pols en bewussynsvlak elke 10 minute.
  6. Indien die persoon bewusteloos raak, maar normaal asemhaal, plaas hom / haar in die herstelposisie.
  7. Indien die asemhaling opgehou het of moeilik is, begin met kunsmatige asemhaling.
  8. Die persoon moet so gou as moontlik by 'n hospitaal kom.

17.2.15

Sout + rook = rumatoïede artritis

Navorsers in Swede het bevind dat persone wat rook en baie sout gebruik dubbel die kanse het om rumatoïede artritis te ontwikkel.

Rumatoïede artritis kom voor wanneer die liggaam se immuunstelsel nie goed werk nie. Dit tas gewrigte, bene (veral in die hande en voete) en organe aan.

16.2.15

Jou asem kan dalk longkanker verklap

Die temperatuur van jou asem wanneer jy uitasem kan moontlik gebruik word om longkanker te diagnoseer.

Verskeie navorsingspanne ondersoek reeds ’n geruime tyd die gebruik van jou asem in die diagnose van verskeie tipes kanker. Daar is nou bevind dat persone met longkanker se asem ’n hoër temperatuur het as ander mense. Die temperatuur verander ook na gelag van die aantal jare wat die persoon gerook het en die stadium waarop die kanker ontwikkel het.

Die toets is glo baie akkuraat en vergemaklik die diagnose van longkanker.

12.2.15

Kruie vir kwale: Olierige kopvel

Olie van die malvaplant kan gebruik word as 'n teenvoeter vir 'n olierige kopvel. Wanneer jy jou hare was, gooi 1 tot 3 druppels van die olie by die sjampoe in jou hand. Masseer stadig in jou kopvel in. Indien jou hare gekleur is of ’n chemiese behandeling ondergaan het, is dit beter om eers ’n klein area met hare te toets.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

11.2.15

Ontploffings

Ontploffings kan veroorsaak word deur bomme of indien daar ’n vlam of elektrostatiese ontlading is op ’n plek waar ’n plofbare gas versamel. Wees bedag daarop dat ontploffings ook inwendige skade aan die longe en ander organe kan veroorsaak.

Simptome en tekens:

• Dieselfde simptome van versmoring
• Skuimerige bloedbevlekte spoeg
• Angstigheid
• Bloeding in die oor
• Dieselfde simptome van skok

10.2.15

Man se rookgewoonte kan nadelig wees vir toekomstige kinders

Daar is onlangse navorsing wat daarop dui dat indien ’n man rook, die die risiko groter is dat enige kinders wat hy in die toekoms verwek asma sal hê.

Daar is al heelwat studies met diere gedoen wat al hoe meer daarop dui dat enge nadelige blootstellings waaraan ’n man onderwerp word, gevolge het vir die kinders wat hy in die toekoms kan verwek.

Die navorsing is gedoen aan die Universiteit van Noorweë.