Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids

17.7.23

Kruie vir kwale: Hartsiektes

Die Khoi het Europeërs meer as 200 jaar gelede geleer van die medisinale waarde van die muishondbos. Vandag word dit ook gebruik vir hartsiektes.
’n Kwart koppie vars blare word geweek in ’n koppie kookwater vir 5 minute. Dit moet daagliks geneem word.

♦♦♦

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n kwart koppie vars sewejaartjie-blare. Laat dit trek vir 5 minute. Gooi deur ’n siffie en drink vir hartkwale.

♦♦♦

Voeg ’n kwart koppie kattekruid-blare by ’n koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Gooi deur ’n sif en drink vir hartsiektes.

♦♦♦

Gekookte suurvye kan gebruik word vir hartsiektes.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

5.6.23

Kruie vir kwale: Blaasinfeksie

Gooi ’n koppie kookwater oor ’n hand vol vars bergtee blare. Laat dit trek vir 5 minute. Drink dit dadelik. Gebruik dit vir pyne wat gepaard gaan met blaasinfeksie.

♦♦♦

Boegoeblare is goeie behandeling vir minder ernstige blaaskwale. Berei boegoetee voor deur 'n handvol blare by 500 ml kookwater te voeg. Laat dit vir 15 minute trek. Drink 200 ml tot 400 ml op 'n keer, 3 keer per dag. Boegoe-essens kan ook gebruik word. Meng 5 ml to 10 ml essens met 200 ml water. Drink dit drie keer per dag.

♦♦♦

Bosboegoe kan ook gebruik word. Voeg ’n paar bosboegoe-spruite by ’n bottel brandewyn. Laat staan vir ’n week en skud daagliks. ’n Eetlepel hiervan twee maal per dag.

♦♦♦

Bosbessiesap maak die uriene suur, wat die groei van bakterieë teenwerk en kan help om urienbaaninfeksies te voorkom.

♦♦♦

Tap vir jou genoeg louwarm water in die bad om in te sit. Voeg 5 druppels laventelolie by en sit in die water vir 15 minute.

♦♦♦

Drink ’n koppie kruisementtee as jy pyn op jou blaas het.

♦♦♦

Brandnetel is ´n wonderlike ding. Sy sap laat die sure in die bloed neerslaan. Die niere kan dan van die gemors ontslae raak. As daar te veel gemors gelyktydig by die niere aankom dan word die waterwerke verstop met al die modder. Burnet het reeds baie jare gelede vasgestel dat 5 druppels elke 2 uur net die ding is. Hoe om jou druppels te maak:
Pluk jong sappige groen brandnetel. Kap fyn en sit dit in ´n bottel. Bedek met alkohol, 26-30%.
(bydrae: Peter M von Maltitz)

♦♦♦

Meng 2 eetlepels kaneel en 1 teelepel heuning in 'n glas louwarm water en drink dit.

♦♦♦

Neem 10 – 30 druppels balsemkopiva daagliks, gedrup op suiker of saam met melk.

♦♦♦

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

Kruie vir kwale - Vel

Gooi 1 liter kookwater oor 3 koppies blare, stele en blomme van wildedagga.
Laat dit trek en afkoel.
Gooi dit by jou badwater vir velprobleme.

♦♦♦

Jy het ’n takkie kapokbos van omtrent jou duim se lengte nodig. Gooi ’n koppie kookwater daaroor en laat trek vir 5 minute.
Meng ’n halwe koppie van hierdie tee met ’n halwe koppie gewone roosmaryn tee. Meng dit dan met ’n liter kookwater en laat staan vir 20 minute. Gooi dit by jou badwater. Dit is nie net goed vir jou vel nie, maar ook vir jou hare.

♦♦♦

Vissermanne het vroeër jare bokboegoe gebruik om die visreuk van hul hande te verwyder. Jy kan die plant gebruik vir ’n verfrissende bad. Week ’n koppie vars blare en blomme in ’n liter kookwater. Gooi dit dan by jou badwater.

♦♦♦

Plaas 5 g vars, gekapte wildewingerd-blare in 1 koppie kookwater en laat trek vir 5 minute.
Drink dit vir velprobleme.

♦♦♦

Die hele bitterbos word gebruik, insluitende die wortels. Gebruik 8 g varsgekapte bitterbos per koppie kookwater. Laat trek vir 3 minute. Gebruik dit vir velaandoenings. Jy kan die mengsel aan die vel smeer in plaas van drink. Dit kan tot 8 keer per dag gedoen word.

♦♦♦

Die jellieagtige inhoud van die medisynebossie kan op skurwe vel gesmeer word.

♦♦♦

Maak ’n badmengsel deur 40 g wildeals-blare te bedek met 2 liter kookwater. Laat dit staan vir 2 uur.
Gooi deur ’n sif en botteleer.
Voeg die mengsel by jou badwater om te help met veluitslag. Jy kan die geaffekteerde plekke liggies daarmee afspons.

♦♦♦

Vir enige velaandoenings kan jy heuning en kaneel gelyke dele meng and aan die geaffekteerde dele smeer elke aand voor jy gaan slaap.

♦♦♦

Maak ’n gesigmasker met 2 teelepels heuning, 2 eetlepels olyfolie, 5 druppels vitamiene E olie en 1 teelepel mieliemeel. Meng alles goed en smeer aan jou gesig en nek. Lê en ontspan vir 15 minute. Was dan die mengsel af van jou gesig met lou water.

♦♦♦

Gebruik 3 g bloublomsalie, 3 g kankerbossie en 3 g wildedagga om ’n tee mee te maak.
Laat dit vir 5 minute trek voor jy dit deur ’n siffie gooi.
Drink dit vir asma en ander longprobleme, diabetes, hoe bloeddruk, kanker en velprobleme.

♦♦♦

Die Sotho-mense hang die bolle van die blouberglelie op om uit te droog. Hulle moet 5 maande lank hang.
Die bolle word dan verpoeier en gesmeer aan littekenweefsel om die vel te help herstel.

Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

31.5.23

Pampoentjies nou erg in Suid-Afrika

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het bevestig dat daar ’n pampoentjies-uitbraak in Suid-Afrika is. Daar is geen rede tot kommer is nie. Die meeste gevalle is tans in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Gauteng.

Vir meer inligting oor pampoentjies simptome en behandeling 👈 volg die skakel.

30.5.23

Kruie vir kwale: Boererate vir inflammasie

In die Willowmore-omgewing word die plakkie se blare gekook tot sag en dan fyngemaak. Die afgekoelde pasta word dan gebruik om inflammasie ekstern te behandel.

♦♦♦

Plaas skaafsels bas van ’n kiepersol (-boom) op die blare van ’n bloulelie en bind vas op seer spiere, spiere wat kramp of spiere met inflammasie.

♦♦♦

Voeg borrie gereeld by jou dieet, of drink dit sommer daagliks.

♦♦♦

Gebruik gemmer as 'n teenvoeter vir inflammasie.

♦♦♦

Gousblomblare kan gebruik word om inflammasie te behandel. Week ’n hand vol blomblare in ’n koppie warm water vir 15 minute. Laat dit dan afkoel en plaas dit in die yskas vir 30 minute. Week dan ’n waslap in die aftreksel en hou dit op die geaffekteerde plek vir 5 minute. Doen dit ’n paar keer elke dag.


Medisinale gebruike van kruie

Kruiegids

17.5.23

Seer tandvleis en los tande

Seer tandvleis en los tande kan simptome van verskeie tand- en mond-gesondheidstoestande wees. Hier is 'n paar moontlike oorsake:

Tandvleissiekte: Die mees algemene oorsaak van seer tandvleis en los tande is tandvleissiekte, ook bekend as periodontale siekte. Dit kom voor as gevolg van bakteriële infeksie en ontsteking van die tandvleis. In die vroeë stadium, bekend as gingivitis, word tandvleis rooi, geswel en sag. As dit nie behandel word nie, kan dit tot periodontitis vorder, wat lei tot tandvleis-resessie en tande wat losraak.

Swak mondhigiëne: Onvoldoende borsel en vlos kan lei tot ’n neerslag wat opbou en uiteindelik verhard tot tandsteen. Tartaar irriteer die tandvleis, veroorsaak inflammasie en lei tot tandvleissiekte.

Trauma of besering: 'n Hou teen die mond of gesig kan tandvleisirritasie veroorsaak en tande losmaak. Ongelukke, val of sportbeserings kan bydra tot hierdie simptome.

Tande kners: As jy op jou tande kners, dikwels tydens slaap, plaas jy oormatige druk op die tande en tandvleis. Met verloop van tyd kan dit lei tot seer tandvleis en los tande.

Hormonale veranderinge: Hormonale skommelinge tydens swangerskap, puberteit of menopouse kan mondgesondheid beïnvloed. Verhoogde vlakke van progesteroon en estrogeen kan tandvleis meer sensitief maak, wat lei tot seerheid en losheid.

Voedingstekorte: 'n Gebrek aan noodsaaklike voedingstowwe soos vitamien C, vitamien D en kalsium kan die tandvleis en bene wat die tande ondersteun, verswak, wat lei tot tandvleispyn en los tande.

Sekere medikasie: Sommige medikasie kan newe-effekte hê wat mondgesondheid beïnvloed. Byvoorbeeld, sekere middels wat gebruik word om osteoporose te behandel, kan die kakebeen verswak, wat lei tot los tande.

Dit is belangrik om 'n tandarts te besoek vir 'n akkurate diagnose en toepaslike behandeling as jy seer tandvleis en los tande ervaar. Hulle sal jou simptome kan evalueer, 'n deeglike ondersoek kan doen en leiding gee oor hoe om die onderliggende oorsaak aan te spreek.




(foto: Anna Shvets)