Soek op hierdie werf

Gebruik die alfabetiese gids om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W Z Medisinale gebruike van kruie Kruiegids



Mediese woordeboek en gids: O

Afrikaans - English Medical Dictionary / Afrikaanse mediese woordelys en gids vir die gesondheidswetenskappe - Slaan 'n siekte / aandoening / kwaal / gesondheidskwessie na en klik op die skakel vir meer inligting.

(Ons is tans nog besig met die kodering van die gids - dit brei stelselmatig uit.)
(Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief ’n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD)

O (O) <sien suurstof> Die chemiese simbool vir suurstof.

O2 (O2) Die chemiese formule vir ’n suurstofmolekule.

obesiteit (obesity) (vetsug) )Oormatige ophoping van vet in die liggaam.

odontoïed (odontoid, dentoid) (dentoïed) Met die vorm van ’n tand.

oggendnaarheid (morning sickness) <sien oggendsiekte>

oggendsiekte (morning sickness) Mislikheid in die oggend, veral aan die begin van swangerskap by sommige vroue.

okklusie (occlusion) Afsluiting of blokkering van ’n opening.

oksihemoglobien (oxyhaemoglobin, HbO²) <cf deoksihemoglobien> (HbO²) Onstabiele, omkeerbare verbinding van hemoglobien aan suurstof - dit is ’n losse verbinding wat maklik dissosieer in lae suurstofkonsentrasies.

oksipitale been (occipital bone) <sien ook frontale been; pariëtale been; temporale been> (agterhoofsbeen) Vorm die basis van die skedel en besit kenmerkend die foramen magnum waardeur die rugmurg gaan.

oksipitale lob (occipital lobe, end lobe) <sien ook frontale lob; pariëtale lob; temporale lob> (agterhoofslob, endlob, oksipitale kwab) Die agterste gedeelte van elke hemisfeer wat agter die pariëto-oksipitale groef geleë is.

oksisefalie (axycephaly) Toestand waarin die kop keëlvormig is.

omloop (shingles) 'n Roosagtige veluitslag wat al in die rondte uitbrei.

ongeslagtelik (asexual) <sien aseksueel>.

ongeslagtelike voortplanting (asexual reproduction) <cf geslagtelike voortplanting> (aseksuele voortplanting) Tipe voortplanting waar nuwe individue deur bv. tweedeling gevorm word en waar gamete nie betrokke is nie.

ontbinding (decay, dissolution, dissociation) <sien ook dekomposisie; verrotting> (dissosiasie) Die afbreek van dooie organiese materiaal in eenvoudiger komponente.

onthouding (abstinence) (afskaffing) Toestand waarin voedsel, alkohol of seksuele omgang opgegee word.

ontwatering (dehydration) <sien dehidrasie>

ontwrigtende gedragsversteurings Gekenmerk deur gedrag wat sosiale ontwrigting veroorsaak.

onvrugbaar (barren) <sien steriel>

ontwrigting (dislocation) <sien dislokasie>
oogbal (eyeball) <sien oogbol>

oogbindvlies (conjunctiva) <sien konjunktiva>

oogbol (eyeball) (oogbal) Die bolvormige liggaam in die oogholte wat van agter deur die retina en van voor deur die kornea begrens word.

oogsiekte (eye disease) Enige siekte van die oog.

oor (ear) Die gehoororgaan bestaande uit die inwendige oor, die middeloor en die uitwendige oor.

oorgewig (overweight) <sien oormassa>

oormassa (overweight, obese, corpulent, fat) (geset, korpulent, oorgewig, vet) Verwys na 'n persoon met meer as die normale liggaamsmassa - gewoonlik meer as 10%.

oorsprong (origin) Die beginpunt van iets.

oorsprong (origin) <kyk ook aanhegting 2e inskrywing> Die deel van die spieraanhegting wat aan ’n onbeweeglike liggaamsdeel vas is - die meer stabiele punt.

oorverhitting (overheating) Gedurende oefening word hitte in die spiere verwek en deur die bloed na alle dele van die liggaam versprei. Dit veroorsaak dat die algemene liggaamstemperatuur styg.

Oosterse seer (Oriental sore) Ulsererende granuloom veroorsaak deur Leishmania tropica.

opspoorder (detector) <sien detektor>

opspoorder (tracer) ’n Radioaktiewe isotoop wat gebruik word om die voorkoms van strukture of biologiese prosesse op te spoor of te volg.

optiese aktiwiteit (optical activity) Die vermoë van ’n stof om die polarisasievlak van gepolasieerde lig te draai.

optiese digtheid (optic density, absorbance) (absorbansie) Die mate waarin lig deur 'n ligdeurlatende stof deurgelaat word.

optometer ’n Toestel wat gebruik word om vas te stel hoe goed ’n mens met elk van jou oë kan sien.

orgitis (orchitis) (kalbassies) Inflammasie van die testes as gevolg van pampoentjies.

ortostatiese albuminurie Albuminurie wat voorkom met die inneem van die regop posisie. Dit kom veral voor by kinders en jong volwassenes.

osmose (osmosis) <sien ook absorpsie; diffusie> Die verskynsel dat wanneer twee oplossings van verskillende konsentrasies deur 'n differensieel deurlatende membraan geskei word, die oplosmiddel (meesal water) vanaf die laer konsentrasie na die hoër konsentrasie beweeg.

ossifikasie (ossification, bone formation) (beenvorming, verbening) Proses waardeur kalsiumsoute en beenselle in die bindweefsel of beendere neergelê word om harde been te vorm.

osteoartritis (osteoarthritis) Is die algemeenste vorm van artritis. Dit kom gewoonlik saam met ouderdom en tas gewoonlik die vingers, knieë en heupe aan.

osteologie (osteology) (beenkunde) Leer van die beendere van werweldiere.

osteoloog (beenkundige) Spesialis in ostelogie.

osteomiëlitis (osteomyelitis) (beenmurgontsteking) Inflammasie van die been of beenmurg.

osteopetrose (osteopetrosis, marble bone disease) (Albers-Schönberg-siekte) Marmerbeensiekte.
osteoporose (osteoporosis) 'n Siektetoestand waar die normale beenruimtes vergroot sodat die bene meer poreus en dus meer breekbaar word.

ouditief (auditive, auditory) (gehoor-) Wat betrekking het op die gehoor of gehoororgane.

ouditêre agnosie (auditory agnosia) Stoornis in die herkenning van spraak, geraas of musikale klanke.

outisties (autistic) Uitsluitend gerig op die self; afsluiting van die buitewêreld.

ovaal (eiervormig) (oval, ovoid, oviform) Met die vorm van ’n eier.

ovaria (ovaria) <meervoud van ovarium>

ovarium (ovarium, ovary, oophoron) <mv ovaria> <sien ook eierstok, oöforon> Een van die vroulike gonades wat in die bekkenholte weerskante van die uterus geleë is en eierselle (ova) produseer.

ovipaar (oviparous) <sien ook ovovivipaar/cf vivipaar> (eierlêend) Verwys na wyfies wat eiers lê.

ovovivipaar (ovoviviparous) <sien ook ovipaar; vivipaar> (eierlewendbarend) Plant voort deur eiers wat binne-in die liggaam uitgebroei word.

ovulasie (ovulation) Die vrystelling van die ovum (eiersel) deurdat die ryp Graaf-follikel oopbars.

ovum (ovum, egg, egg cell) (eier, eiersel) Vroulike voortplantingsel.

4 comments :

  1. Wat kan die oorsaak wees van ore wat alewig jeuk, het al verskeie produkte hiervoor gebruik, maar kom maar telkens terug? Dit maak naderhand sulke droë velle, soos dit vervel...en dan begin die proses maar weer van vooraf...? Gee asb raad hieroor, ek was al by verskeie apteke en selfs by die dokter en telkens gee hulle maar net nog 'n room wat net tydelike verligting bring....?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Klink na 'n vorm van ekseem. Gebruik 'n room met 'n waterbasis en sonder enige bymiddels. Verder moet jy vasstel wat dit meebring / vererger.

      Delete
  2. Bors en longe seer as hoes

    ReplyDelete
  3. Bors en longe seer as hoes

    ReplyDelete