Loading

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gids (onder) om te soek vir mediese inligting of tradisionele boererate.


A  B  C  D  E  F  G  H  I  K  M  N  O  P  R  S  T  U  V  W  Z  Medisinale gebruike van kruie  Kruiegids

27.1.09

Diabetes / Suikersiekte


Twee basiese tipes diabetes word aangetref, naamlik diabetes insipidus en diabetes mellitus.

Diabetes mellitus ontstaan as gevolg van insulien in die pankreas. Insulien is nodig sodat glukose, wat die liggaam se bron van energie is, aangewend kan word. Glukosevlakke word deur insulien binne veilige perke gehou, en daarom kan die bloedglukosevlakke van lyers gevaarlik hoog raak.

Soek onmiddelik mediese hulp. Diabetes is dodelik en kan slegs deur dokters behandel word.

26.1.09

Swaminfeksie

Swaminfeksies word veroorsaak deur mikroskopiese klein swamme.

Volg 'n gesonde dieet om alle hardnekkige swaminfeksies blywend te genees. Neem multivitamien- en mineraalaanvullings om jou weerstand op te bou.

Soek mediese hulp indien die infeksie aanhou ondanks behandeling of terugkom.

23.1.09

Slegte liggaamsreuke

Gooi twee koppies tamatiesap in jou badwater. Gebruik ook tamatiesap vir stink voete.

4 eetlepels bakpoeier in die badwater help ook vir liggaamsreuke.

Oksels wat nie te lekker ruik nie kan met asyn afgevee word.

Indien jy oormatig sweet moet jy probeer om soggens en saans te stort of bad. Trek daagliks skoon klere aan en sorg dat jou reukweerder ´n antiperspirant bevat. Katoenonderklere is sweetbestand.

Om jou voete in ´n goeie toestand te hou moet jy lief plastiek en sintetiese skoene vermy. ´n Skoen moet liefs van leer of seil gemaak word.

Dit help om jou voete so gereeld as moontlik vir ´n tydjie uit jou skoene te haal. Roteer ook jou skoene so veel as moontlik.

Jou sokkies kan ook ´n verskil maak. Katoen en wol absorbeer sweet die beste. Daar is egter spesiale sokkies van ´n sintetiese materiaal wat gemaak word om sweet te absorbeer. Nylon sal jou voete meer as normaalweg laat sweet. Skoene wat toegebind word moet liefs nooit sonder sokkies gedra word nie.

Was gereeld jou voete. Die water moet ten minste louwarm wees. Droog dit goed af.

Loop so gereeld as moontlik kaalvoet.

Sweet kan ook ´n teken wees van koors, oorgewig, menopouse of tuberkulose.

22.1.09

Tandvleisontsteking

Tandvleisontsteking word veroorsaak deur stukkies kos wat om die tande saampak.


Die tandvleis raak gevoelig en geswel. Normaalweg het dit 'n pienk kleur. Dit kan selfs bloei wanneer jy jou tande borsel.

Dit raak baie ernstig wanneer jou tandvleis begin doodgaan. Jou asem ruik dan gewoonlik sleg.

Die membraan wat in die tandholte is kan beskadig word en veroorsaak dat die tand los raak. Die toestand staan bekend as periodontitis.

Om dit te verhoed moet jy gereeld tande borsel en flos.

21.1.09

Tendonitis


Tendonitis is 'n vorm van inflammasie. Die tendon (Achillestendon) aan die agterkant van die enkel word gereeld beseer.

Dit is veral persone wat gereeld opdraand of afdraand hardloop wat die besering opdoen. Die kan ook veroorsaak word deur nuwe hardloopskoene. Dit is raadsaam om altyd eers nuwe hardloopskoene vir 'n paar stadige oefenlopies te neem voor jy ernstig daarmee begin hardloop.

Soms is daar swelling weens die inflammasie, maar nie altyd nie. Jy kan ook soms die tendon hoor kraak.

Die tendons by die polse word ook gereeld beseer.

Behandel tendonitis met ys wat 'n paar keer per dag vir 20 minute op die plek geplaas word. Verdere behandeling is eenvoudig om die tendon te rus.

Wanneer daar nie meer pyn is nie kan jy met ligte oefening begin.

Tenniselmboog


Tenniselmboog word nie net deur tennis veroorsaak nie.

'n Voorarmspier wat rek kan tot inflammasie van die tendon lei wat hulle aan die boarmbeen verbind. Die aandoening word gewoonlik 'n tenniselmboog genoem vanweë die plek waar die pyn ervaar word.

Verreking kom veral voor wanneer 'n rukbeweging 'n spier of tendon laat verrek. Dit is veral geneig om te gebeur wanneer die spiere en tendons koud is.

Spiere wat verrek is is styf en seer en kan hewig saamtrek.

Die beste behandeling is om die spier te rus.

(foto G.I. Folk)

Terminilogie vir moeders


Soms word daar mediese terme deur dokters en verpleegsters gebruik wat moeders sonder ´n mediese agtergrond nie ken nie. Hier volg ´n paar sodat jy volgende keer beter kan verstaan en selfs saam praat!


Uterus = Baarmoeder
Serviks = Baarmoedermond
Kontraksies = kraampyne
Ontsluiting = Oopgaan van die baarmoedermond sodat die baba gebore kan word
Plasenta = Nageboorte
PV = Vaginale ondersoek
Bekkenskatting = ´n Ondersoek gedoen om die grootte van die pelvis se uitgang te bepaal gedoen deur die vagina
Posterior posisie = Die baba se ruggie wys na agter na die moeder se rug, en die gesiggie en ledemate na voor
Voorliggende deel = Die deel van die baba wat eerste gebore gaan word, gewoonlik die koppie, maar soms die boudjies
Stuit posisie = Die boudjies is onder en gaan eerste gebore word
Edeem = Swelling a.g.v. vloeistof wat teruggehou word, gewoonlik van die voete en enkels, maar kan in sekere gevalle ook oor die magie en in die gesig voorkom

(foto Bies)

Tinnitus

Tinnitus is 'n aanhoudende geluid wat die lyer in sy ore hoor. Dit kan 'n gesuis, gedreun of gefluit wees. Dit kan selfs 'n kombinasie van geluide wees.

Tinnitus word toegeskryf aan binneoorsiektes, doofheid, infeksie, kopbeserings, 'n langdurige blootstelling aan geraas of nekbesrings. Dit is selde duidelik presies wat die oorsaak is.

Om tinnitus te genees is in meeste gevalle baie moeilik, so te sê onmoontlik. Soms klaar dit spontaan op en soms vererger dit.

Een uit elke tien persone sukkel op een of ander stadium hiermee.

Wat is Tourettes?

Ek het al heelwat vrae gekry oor Tourettes-sindroom. Hier volg dan 'n samevatting van wat Tourettes is en behandeling daarvan.

Volgens die nuutste navorsing is die aanvang gewoonlik voor 18 jarige ouderdom. Die oorsaak van Tourettes is nie bekend nie, alhoewel dit lyk asof dit verbind kan word met die gene wat chemiese stowwe van een breinsel na die volgende oordra. Dit is veral Dopamien wat geaffekteer word, en is dan ooraktief in die brein. Dopamien is verantwoordelik vir beweging, en met ooraktiwiteit, kom daar dan die bekende "tic", of onwillekeurige beweging voor. 'n Streptokokkale infeksie kan ook Tourettes veroorsaak in sommige gevalle a.g.v. 'n immuunsisteem se reaksie op die strepinfeksie.

Die diagnose van Tourettes word gemaak op grond van die volgende:
· Veelvuldige motoriese "tics"
· Ten minste een "tic" wat met spraak verband hou
· Bg. Is teenwoordig vir meer as 'n jaar
· Bg. Het begin voor 18 jarige ouderdom
· Familiegeskiedenis van Tourettes
Daar is geen skanderings of bloedtoetse wat gedoen kan word om die diagnose te bevestig nie.

Kinders en volwassenes met Tourettes kan ook ander probleme ondervind soos Aandag Afleibaarheid sindroom, leerprobleme, rebelering t.o.v. gesag, hiperaktiwiteit, swak slaappatrone en ook 'n groter geneigdheid tot obsessief- kompulsiewe gedrag, bv. Tel van voorwerpe, herhaling van aksies, ens.

Meeste lyers ondervind 'n verbetering van die simptome na hul tienerjare. Min het ook medikasie nodig. Medikasie is gerig op die herstel van die chemiese wanbalans in die brein. Die word ook net voorgeskryf as die "tics" en gedrag van die lyer sy kwaliteit van lewe negatief raak.

Algemene medikasie is dan ook:
· Anti- psigotiese medikasie: dit het heelwat newe- effekte en anti- parkinson medikasie kan daarvoor help.
· Bloeddrukmedikasie genaamd clonidine wat "tics" help beheer
· Anti- depressante beheer obssesief- kompulsiewe gedrag
· Stimulante wat gebruik word om ander probleme te hanteer waarvan die bekendste methylphenidate of Ritalin is.

Tourettes is nie geneeslik nie, maar kan beheer word sodat die lyer 'n vol en kwaliteit lewe kan lei. Die belangrikste is die ondersteuning van familie en vriende. As gevolg van die eienaardigheid van die "tics" en die soms bissare optrede van die lyers, vind verwerping deur die samelewing dikwels plaas. Psigoterapie, arbeidsterapie en gedragsterapie kan lyers help om die alledaagse lewe suksesvol te hanteer.

skrywer: Suster Barbara Pelser

Tourette-versteuring / Gilles de la Tourette-sindroom / Tourette-sindroom

Tourette-versteuring staan ook as Gilles de la Tourette-sindroom / Tourette-sindroom bekend. Gilles de la Tourette was die eerste persoon om die siekte te beskryf

Tourette-versteuring is meervoudige motoriese en een of meer vokale spiertrekkings.

Dit gebeur gewoonlik ´n paar keer per dag. Die tipe sametrekkings kan wissel oor tyd.

Dit begin gewoonlik so tussen die ouderdomme van 4 en 14 jaar, gewoonlik met spiertrekkings van die gesig, arms en bene.

Later begin die persoon gewoonlik onwillekeurige geluide maak, bv. keelskoonmaak, hoes, grom en snuif. Koprolalie (die onbeheerste gebruik van vuil taal) kom ook in baie gevalle voor.

Dit kan spontaan verdwyn, maar in meeste gevalle duur dit lewenslank. Dit kom baie meer by mans voor as vrouens.

Vra jou sielkundige / dokter oor geskikte terapie of medikasie.

Die brandnetel is ´n wonderlike ding.

Brandnetel is ´n wonderlike ding. Sy sap laat die sure in die bloed neerslaan. Die niere kan dan van die gemors ontslae raak.

As daar te veel gemors gelyktydig by die niere aankom dan word die waterwerke verstop met al die modder. Burnet het reeds baie jare gelede vasgestel dat 5 druppels elke 2 uur net die ding is.

Hoe om jou druppels te maak:
Pluk jong sappige groen brandnetel. Kap fyn en sit dit in ´n bottel. Bedek met alkohol, 26-30%.

skrywer: Peter M von Maltitz

Blaasinfeksie / Urienweginfeksie

Infeksies word dikwels veroorsaak deur besmetlike stowwe wat in die inwendige organe beland. Moegheid, koue en bloedarmoede kan jou weerstand teen infeksies verswak.

Bosbessiesap maak die uriene suur, wat die groei van bakterieë teenwerk en kan help om urienbaaninfeksies te voorkom.

Raadpleeg jou dokter dadelik indien jy vermoed dat jy ´n blaasinfeksie het.

Boereraat

Boegoeblare is goeie behandeling vir minder ernstige blaaskwale. Berei boegoetee voor deur 'n handvol blare by 500 ml kookwater te voeg. Laat dit vir 15 minute trek. Drink 200 ml tot 400 ml op 'n keer, 3 keer per dag. Boegoe-essens kan ook gebruik word. Meng 5 ml to 10 ml essens met 200 ml water. Drink dit drie keer per dag.

Vaginale infeksies

Infeksies word gewoonlik veroorsaak deur besmetlike stowwe wat via die vagina in die inwendige organe beland. Jy kan begin jeuk weens te warm of stywe klere, of weens uitdroging van te veel was met seep. Wees veral versigtig om te veel met geparfumeerde seep te was.

Vaginitis is ´n tipe infeksie wat veroorsaak word deur ´n geelgroen of rooierige afskeiding wat onaangenaam ruik. Dit gaan gewoonlik gepaard met ´n jeukirigheid en brandpyn.

Candida kan voorkom sonder om ´n infeksie te veroorsaak, maar as dit baie vermeerder kan dit ontsteking veroorsaak wat gepaard gaan met ´n witterige afskeiding.

Vee altyd van voor na agter af. Drink ook bosbessiesap. Dit maak die urine suur, wat die groei van bakterieë teenwerk. Vir Candida kan jy ´n tampon in jogurt doop en dan in die vagina plaas. Eet ook so gereeld as moontlik bioaktiewe jogurt. Vermy die oormatige inname van alkohol en eet minder suiker. Daar is verskillende swamteenmiddels beskikbaar om die infeksie te behandel. Dit behoort na sowat twee weke te werk.

Besoek dadelik jou dokter indien jy vermoed jy het Vaginitis.

Boereraat

* Belinda van Wijk: Los ongeveer 2 opgehoopte eetlepels koeksoda in 'n warm bad water daarin op en sit 'n ruk 20 min daarin (bad dan soos gewoonlik). Dit help vir Vaginale infeksie (jeukerigheid en branderigheid).

* Belinda van Wijk: Smeer voor slaaptyd redelik baie "gewone joghurt" (ongegeur) aan die seer gedeelte (sit net 'n pantyliner in jou broekie want dit mors baie), gaan slaap dan so en was dit môre oggend weer af. Herhaal totdat die toestand beter is.

Verkalkte are

Boereraat

* Drink gereeld kookwater met suurlemoen.

* Drink elke aand ´n wynkelkie whiskey.

Verkoue

Verkoues word veroorsaak deur onkeerbare virusinfeksies en is hoogs aansteeklik. Die simptome sluit in loopneus, seerkeel, hoofpyn, droë hoes, genies, afname in eetlus en ´n algemene tamheid. Die simptome kan tot 7 dae voortduur, hoewel ´n loopneus vir tot 3 weke kaan aanhou.

Sodra jy ´n verkoue aan jou lyf voel moet jy in ´n Engelse soutbad klim. Gooi so twee handevol sout in. Klim daarna in ´n warm bed. PS! BELANGRIK! Mense wat aan hoë bloeddruk ly moet nie hierdie behandeling toepas nie.

Indien die verkoue na ´n week nog nie gewyk het nie en by die eerste tekens van ´n hoë koors moet jy jou dokter gaan spreek.

Boereraat

Kook ´n stuk Saliebos in water, totdat vloeistof lyk soos sterk tee. Neem een koppie daarvan en kook tot ´n stroop met 2 koppies suiker. Voeg 1 botteltjie borsdruppels en en ´n halwe koppie suurlemoensap by en skud goed. Drink 1 eetlepel vol 3 maal per dag.

Verbygaande iskemiese aanval (VIA)

'n Verbygaande iskemiese aanval (VIA) is 'n miniberoerte. Dit kom voor wanneer 'n klein bloedklontjie of aarspasma bloedvloei tydelik onderbreek in of na die brein. Dit is soortgelyk aan 'n volskaalse beroerte.

'n VIA rig nie blywende skade aan nie, maar dit kan dui op 'n moontlike ernstige aanval later. Dit is ook 'n aanduiding dat die persoon 'n hartaanval kan hê.

Gaan sien dadelik 'n dokter indien jy vermoed jy het 'n miniberoerte gehad.

20.1.09

Vel


Die buitenste, natuurlike bedekking van 'n mens word die vel genoem.

BOERERATE
Vir ´n olierige vel (nie vir diegene met aknee): Druk ´n ryp tamatie plat en stukkend. Wend aan en los vir 15 minute. Spoel af met warm water (nie vuurwarm!).

Vir ´n droë vel (nie vir diegene met aknee): Smeer mayonaisse aan jou gesig en los vir 20 minute. Spoel af met koue water.

Vir ´n blink vel (nie vir diegene met aknee): Smeer heuning aan jou gesig en nek. Los op tot dit droog is. Spoel af met baie warm water.

Vir olierige vel: Meng 10 druppels suurleoensap met een eierwit. Meng dit goed en wend aan (very die oogareas). Los op vir 20 inute en spoel af met lou water.

Vir olierige vel: As jy nodig het om daai gesig vir ´n dag te laat styftrek en die porieë laat kleiner lyk, neem eierwit en plaas dit op jou gesig. Hou dit op tot die wit droog geword het.

Vir jou gesig: vat gewone mieliemeel, gooi dit in die palm van jou hand en maak 'n pasta met water. Vryf jou hele gesig en nek daarmee. Spoel af en sien die verskil. (Nicoleen Richards)

Elzabe Marais: Gooi bietjie badolie in die palm van jou hand en dan 'n bietjie suiker. Meng tussen hand palms en vryf oor jou hele lyf.  Dit haal al die dooie vellle en laat jou behoorlik gloei.  Boonop is jou vel klaar geolie en streelsag.

Om daai rekmerke weg te dokter kan jy gereeld ´n bietjie Vitamien E olie aansmeer.

Gooi ´n koppie melk saam met jou badolie in. Dit help jou liggaam om die voordele van die olie ten volle te benut.

Wat is lekkerder as om in ´n heerlike skuimbad te lê na ´n lang dag. Meeste produkte op die mark is egter nie geskik vir ´n sensitiewe vel nie. Hierdie badskuim laat jou nie net ontspan nie, maar voed ook jou vel:

Bestandele:
1 koppie olyfolie (of sesame)
´n halwe koppie heuning
´n halwe koppie vloeibare seep
1 eetlepel vanilla-ekstrak (of laventel)
Meng al die bestandele goed saam en gooi in ´n skoon bottel wat goed seel. Skud die mengsel goed voor gebruik.

Vingers


Die vyf voorlitte van elke hand is 'n baie belangrike deel van die anatomie.

Verrekking

Verrekking is wanneer spier- of tendonvesels wat 'n spier aan 'n been verbind rek of skeur.

Die verrekte gedeelte sal seer wees, teer voel en geswel wees.

Hierdie besering vind normaalweg plaas wanneer die spiere koud of styf is. Die verkeerde uitrusting, soos drafskoene, dra ook grootliks by tot hierdie besering. 'n Swak postuur kan 'n bydraende faktor wees by hierdie besering.

Sorg dat jou spiere opgewarm is voor jy oefen en maak seker jy dra die regte skoene vir die oppervlak waarop jy oefen en jou voet.

Verstuiting

Verstuiting is die besering van die tendons, spiere of ligamente rondom gewrigte sonder dat ontwrigting plaasvind.

Wanneer dit gebeur kan die volgende simptome waargeneem word :

rooiheid

pyn

hitte

swelling

As 'n gewrig ernstig verstuit word moet dit in 'n hospitaal gespalk word. Alle verstuitings by kinders moet deur 'n dokter ondersoek word ingeval van skade wat later groei kan beïnvloed.

Normaalweg behandel jy minder ernstige verstuiting deur ys daarop te sit. Draai die ys in 'n doek toe om te verhoed dat die vel brand. Hou sowat 20 minute op die plek. Draai nou styf vas met 'n rekverband. Dit moet styf genoeg wees om drukking te veroorsaak, maar moet nie bydra tot nog meer pyn nie. Die beseerde moet soveel as moontlik lê en die beseerde gewrig moet effens gelig word. Die besering kan 6 tot 12 weke neem om te herstel. Die pyn kan 5 tot 7 dae duur.

Verminder vet in jou dieet

Hier volg 'n paar eenvoudige stappe wat jy kan volg om die vet in jou dieet te verminder.

Stoom, kook of mikrogolf groente of roerbraai dit in klein hoeveelhede olyfolie.

Gebruik eerder kruie en speserye as smaakmiddels in die plek van souse, botter en margarien.

Gebruik suurlemoensap of 'n lae-vet slaaisous oor jou slaai. Jy kan die mayonaise en suurroom in slaaisouse vervang met jogurt.

Gebruik olyfolie in plaas van margrien of botter.

Vervang volroommelk met afgeroomde melk.

Koop vleis met 'n lae vetinhoud en sny enige sigbare vet van vleis af.

Rooster, bak of kook vleis, pluimvee en vis so dat die vet afloop soos die kos gaar word.

Gebruik 'n pan waarin kos nie kan vassit nie.

Skep die vet af van bredies met vleis of pluimvee.

Eet een mal per week 'n lae-vet vegetariese dis.

skrywer: Kathy Thompson

Oor die skrywer
Kathy Thompson is 'n skrywer en spreker met meer as 25 jaar se ondervinding in navorsing van voeding en oefening.

Wenk: Doen jou liggaam ´n guns en drink water. Water het geen Kilo-joules nie, maar bevat heelwat belangrike minerale. Indien dit saam met ´n ete geneem word help dit die spysvertering aan. Dit is maklik om water in die hande te kry, dit is goedkoop en maak sowat 75% van ons liggaamsgewig op.

Vette

Vette is nie net 'n onding nie. Daar is goeie vette wat jou liggaam nodig het. Vitamiene A, D, E en K en belangrike vetsure kom in vette voor. Vette kan as versadig of onversadig geklassifiseer word. Oversadigde vette word in poli- en mono-oversadigde vette verdeel.

Versadigde vette
Dit kom voor in diervette soos die van beeste, skape, varke en hoenders, suiwel en sekere plantprodukte soos palm- en klapperolie. 'n Hoë inname van versadigde vette verhoog die risiko van hartsiektes en kanker. Dit verhoog slegte cholesterol.

Mono-onversadigde vette
Dit kom voor in olyfolie, lynsaad, kanola-olie, avokadopeer, grondbone, pekanneute en amandels. Dit help om slegte cholesterol te verlaag sonder om goeie cholesterol te affekteer.

Poli-onversadigde vette
Dit kom voor in plantolies soos sonneblomolie asook in visolie. Dit is beter as versadigde vette en verlaag slegte cholesterol, maar dit kan ook goeie cholesterol nadelig beïnvloed.

Omega 3-vetsure
Jy vind dit in vetterige vis, sojabone en okkerneute. Dit speel 'n belangrike rol in breinontwikkeling. Dit help ook met inflammasie, die voorkoming van bloedklonte, hartvatsiektes en artritis.

Omega 6-vetsure
Dit kom voor in sonneblomolie, neute en sade. met genoeg hiervan bly jou selmembrane mooi gesond.

Vitamien C en Yster

Navorsers by die Mayo Clinic het bevind dat lensies, bone, soja, neute en volgraan brood uitstekende bronne van proteien is.

Volgens die wetenskaplikes hoef vegetariërs nie ´n kombinasie van groente te eet om die regte proteiene in te kry nie. Bone, ertjies, volgraan brood, spinasie, rosyntjies, appelkose, perskes, neute en sade is uitstekende bronne van yster.

Deur voedsel ryk aan Vitamien C saam met die ryk aan yster in te neem verbeter die liggaam se opname van yster.

Vegetariërs moet let dat daar heelwat vet teenwoordig is in melk, kaas en neute.

19.1.09

Voedselvergiftiging

Voedselvergiftiging is ongesteldheid as gevolg van die eet van bedorwe of giftige voedsel. Dit kan noodlottig wees.


Boererate

Drink drie maal per dag 6 druppels Lugol's Iodine op 1/4 glasie water, tot probleem opgeklaar het. (Derek Botha)

Gee 'n mengsel van mosterd en sout in warm water, volg dit dan met Engelse sout en water en daarna tee of koffie.

Vitamiengebrek aangespreek - Vitamien A

Die nasionale opname oor voeding in 2005 het bevind dat daar nog 'n groot vitamien A-gebrek in verskeie dele van die Suid-Afrikaanse samelewing is.

Met voldoende vitamien A kan sterftes as gevolg van masels met 50% verminder word en sterftes as gevolg van diaree met 40%.

Suid-Afrika se minister van gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang, het hierdie maand 'n nuwe poging van stapel gestuur om die publiek bewus te maak van die belangrikheid van vitamien A. Die publiek word aangemoedig om kinders elke ses maande na klinieke te neem vir 'n dosis vitamien A. Dit moet gedoen word tot op die ouderdom van vyf jaar.

'n Gebrek aan vitamien A is die vernaamste oorsaak van blindheid by kinders. Dit veroorsaak ook nagblindheid en ander oogkwale. Lae vlakke van vitamine A word aan Alzheimer-siekte gekoppel. Daar is oor die algemeen 'n groter kans vir infeksie.

Vitamien A is een van die anti-oksidante wat vryeradikale in die liggaam onskadelik maak en jou gesondheid so beskerm. Dit beskerm die voering van die spysvertering-, urien- en asemhalingskanale teen infeksie.

Voedselsoorte wat belangrike bronne van vitamien A is sluit in eiergeel, groen en geel groente, suiwelprodukte, patats, olierige vis, patats, mango's en spinasie.

Swanger vroue moet 'n ekstra 350 mkg vitamien A per dag inneem.

Voeding

Die handeling van te voed of om gevoed te word.

Voete

Vir skurwe voete smeer jy ´n bevogtiger aan jou voete. Sit dan ´n dun lagie vaseline op jou voetsole. Trek dan sokkies aan wat jy warm gemaak het in ´n droeër. Gaan slaap met die sokkies aan. Die volgende dag behoort jou voete baie beter te wees.

BOERERAAT
* Rol 'n gholfbal onder jou voete op lang vlugte om swelling te voorkom.

Vrugwater

Die vloeistof wat die ongebore baba omhul staan bekend as vrugwater.

Testis

Testiskanker is aan die toeneem onder mans. Alle mans behoort gereeld hulle testes te ondersoek.

Mans tussen 25 en 35 jaar is veral geneig om hierdie kanker te ontwikkel. Gelukkig is testiskanker in 90% van alle gevalle geneesbaar INDIEN dit op 'n vroeë stadium behandel word.

Die testes moet ondersoek word wanneer jy in 'n warm bad of onder 'n warm stort is. Rol elke testis tussen jou duim en wysvinger. Behalwe vir 'n gevoelige buis aan die agterkant behoort dit glad te voel. Die buis bewaar en vervoer die saad.

Indien daar enige harde knop, swelsel, vergroting, pyn of 'n pyn in jou lies is moet jy 'n dokter gaan spreek.

Let tog daarop dat dit nie ongewoon is vir die een om laer te hang of effe groter te wees as die ander nie.

Trigomoniase

Trigomoniase is 'n seksueel oordraagbare siekte. Dit kom by beide mans en vrouens voor.

By vroue is die simptome 'n waterige afskeiding met 'n visreuk. Die vulva sal ook jeuk en opgeswel wees.

Mans ervaar 'n branderige gevoel nadat hulle urineer.

Gaan spreek jou dokter. Die dokter sal antibiotika voorskryf as behandeling.

Die siekte hou gewoonlik geen komplikasies in nie.

Troshoofpyn

Troshoofpyn word soms met 'n migraine verwar, maar dit is alles behalwwe dieselfde. Dit kom gewoonlik in die vroeë oggendure voor wanneer die lyer bewus word van 'n pyn agter een oog.

Die pyn vererger na 'n tyd en die oog word rooi en begin traan. 'n Verstoptheid of loperigheid kom voor in die neusgat aan dieselfde kant.

Die pyn duur enigiets van 20 minute tot twee ure. Die aandoening kan ook aanvalle vir twee maande lank meebring.

Hierdie soort hoofpyn kom meer by mans as vroue voor.

Troshoofpyne kan suksesvol behandel word met die antikonvulsiewe middel karbamasapien.

Tiener swangerskappe

Elke jaar is daar duisende tieners wat swanger raak. Heelwat van hierdie kinders se toekomsdrome word oornag verpletter.

Ouers moet op die volgende let:

Weet jy wat jou kind na skool doen en waar hy of sy is?

Kinders raak seksueel aktief op 'n vroeë ouderdom.

Weet jy watter druk op jou kind geplaas word deur die groep waarin hy/sy haar bevind?

Die druk van maats se kant af is een van die grootste faktore wat 'n bydrae het tot tiener swangerskappe. Kinders is van nature nuuskierig en meisies sal seks hê net om te voel hoe dit is, maar heelwat meisies gee in onder die druk wat hul maats op hul plaas om seks te hê. Hulle is ook onkundig oor seks omdat hul ouers nie maklik met hulle praat hieroor nie. Verder veroorsaak drank en dwelmmiddels dat kinders heelwat makliker betrokke raak by seksuele speletjies.

In Suid-Afrika se arm gemeenskappe raak tieners met opset swanger sodat hulle die paar rand (gewoonlik minder as R200) per maand kindertoelaag kan kry.

Praat met jou kinders oor seks. Stres die belangrikheid van kondome in seksuele verhoudings. Moet nie verwag dat die skool dit vir jou gaan doen nie.

Tieners of ouers wat meer hulp soek kan die volgende organisasies kontak:
Loveline 0800 121 900
Childline 0800 055 555
Child Protection 0800 111 213
Child Emergency 0800 123 321
HIV/AIDS Helpdesk 0800 012 322
Crime Stop 0860 010 111
Women's Advice Desk 0800 150 150
Suicide Helpline 0800 567 567

Tuberkulose / TB

Tuberkulose kom nog heelwat voor in Suid-Afrika en veral in die Wes-Kaap. Daar is 'n toenemende weerstand van TB-bakterieë teen antibiotika. Mense met 'n goeie gesondheid kry nie sommer die siekte nie, maar die res van die bevolking is taamlik blootgestel.

Kinders kan by geboorte 'n immunisering teen TB ontvang. Soms veroorsaak dit 'n abses by die plek waar die inspuiting toegedien is.

Die simptome van TB sluit in 'n aanhoudende gehoes, kortasemheid, borspyn en soms hoes die persoon bloederige slym. Behandeling duur sowat nege maande tot 'n jaar en dit is baie belangrik dat die pasiënt die kursus medikasie voltooi en nie van tyd tot tyd staak nie.




Boererate:

TB
Margaret Steele: "Meng een bottel Turlington met kondensmelk, dit moet die hele blik wees, roer goed dan gooi jy dit in a peanut butter bottel, baie goed vir TB, maar jy moet dit neem op jou nugter maag omtrent een tot twee eetlepels."

Uretritis

Uretritis is die infeksie van die uretra. Die infeksie kan plaasvind indien die E. coli-bakterium in die uretra beland.

Nie-spesifieke uretritis kom voor weens 'n allergie of die oormatige gebruik van alkohol.

Die simptome sluit in 'n pynlike of branderige gevoel tydens urinering, herhaaldelike urinering en 'n wit of troebel afskeiding.

Die dokter sal normaalweg die toestand met antibiotika behandel.

Daar kan moontlik komplikasies ontstaan indien dit onbehandeld gelaat word.

Voetskimmel

Voetskimmel is ´n swaminfeksie. Dit word normaalweg in openbare plekke soos swembaddens en aantrekkamers opgetel. Dit is moelik om van ontslae te raak. Die vel rondom die tone raak aanvanklik rooi en jeukerig, dan wit en vogtig en uiteindelik dop en skilfer die vel af. In ernstiger gevalle mag die toonnaels selfs geel en vergroeid raak.
Sit watte met heuning en appelasyn daarop en los oornag aan.
Gaan sien jou dokter sodra dit aanhou of terugkom.

Vicks VapoRub help vir skimmel op toonnnaels. Dit is glo die tiemie in die Vaporub wat die skimmel verdryf.

Vratte

Ek was baie skepties oor hierdie raad aanvanklik tot ek uit desperaatheid dit self probeer het! (Ek het dit op soolvratte probeer wat baie pynlik is, maar dit behoort vir enige vrat te werk). My 3-jarige seuntjie se twee vratte op en onder sy toontjies is herhaaldelik op 'n baie pynlike manier "gevries" met vloeibare stikstof en "geverf" met 'n suur wat die moes vernietig, sonder enige sukses.
Maak 'n vars knoffelhuisie fyn (druk dit fyn, moenie dit sny nie) plak die knoffel op die vrat vir drie dae. Na drie dae kan die vrat en die pleister verwyder word.

skrywer: Annamarie van Deventer

Vriesbrand

Vriesbrand is weefselvernietiging wat veroorsaak word deur die blootstelling van 'n liggaamsdeel aan ernstige koue.

Die simptome is ledemate wat slaap, daarna voel die vel dood en styf. Die vel begin blou lyk en later swart.

Verwyder enigiets wat styf sit om daardie ledemaat. Die persoon moet na 'n warm area verskuif word. Maak die aangetaste gedeeltes warm met jou hand, MAAR moet nie vryf nie. Indien moontlik moet die aangetaste deel in 'n bad warm water gesit word. Maak dit agterna versigtig droog en verbind met 'n gaasverbind.

16.1.09

Vrugbaarheid

Vrugbaarheid verwys na die vermoë om kinders te kan voortbring.

Gebruik asseblief die vorm onder aan die blad indien jy raad het of 'n vraag wil stel.

Waterblaas / Blaar / Blase


Blase is die natuur se manier om beskadigde dele van die vel te beskerm. Hulle ontstaan weens brand en / of wrywing.

Die vloeistof in 'n blaas is steriel en kom van die onderliggende bloedvate. Dit beskerm die beskadigde vel teen infeksie.

Dit is belangrik om nie 'n blaas oop te steek nie, maar op 'n natuurlike manier te laat genees.

(foto Johannes Hemmerlein)

Gebruik asseblief die vorm onder aan die blad indien jy raad het of 'n vraag wil stel.

Waterpokkies


Waterpokkies is 'n aansteeklike velsiekte. Die lyer kry 'n uitslag van klein donkerrooi knoppies op die lyf.


Boereraat

* 'n Waterpokkie-uitslag kan met 'n oplossing van een druppel pepermentolie en een druppel kamille-olie in 'n liter water behandel word. Maak die uitslag met die mengsel nat met 'n skoon waslap.

* Smeer mielieblom aan vir die jeuk.


(foto Jacob Johan)

Gebruik asseblief die vorm onder aan die blad indien jy raad het of 'n vraag wil stel.

Watter voorbehoedmiddel?

Voorbehoedmiddels verwys hier na enige middel wat met 'n geruste hart gebruik kan word om swangerskap te help voorkom.

Gebruik asseblief die vorm onder aan die blad indien jy raad het of 'n vraag wil stel.

Werwelontsteking / Spondilitis

Werwelontsteking (spondilitis) is 'n tipe artritis wat die werwelkolom aantas. Dit veroorsaak normaalweg rugpyn en -styfheid. Die rugwerwels mag ook vasaanmekaar groei. Dit kan ook ander bene laat vasgroei aan die werwelkolom en inflammasie veroorsaak in naasliggende ligamente en senings.

Spondilitis kom oor die algemeen by mans in hulle 20's en 30's voor. Die eerste simptome is lae rugpyn en -styfheid. Ander simptome sluit in koors, moegheid, 'n swak eetlus en inflammasie van die oë.

Die oorsake van die siekte is nie so duidelik nie, maar daar word vermoed dat dit oorerflik is.

Persone met werwelontsteking moet verkieslik op 'n harde matras slaap en met hulle rug reguit en met 'n lae kussing. Daaglikse oefening kan help om die styfheid te verminder en die spiere te versterk. Swem is verreweg die beste oefening vir werwelontsteking. Daar moet ook oefeninge gedoen word om diep te kan asemhaal.

Praat met jou dokter oor medikasie.

Gebruik asseblief die vorm onder aan die blad indien jy raad het of 'n vraag wil stel.

Wind

Die wind waarna hier verwys word is gasse wat in die ingewande vorm as gevolg van slegte spysvertering.

Gebruik asseblief die vorm onder aan die blad indien jy raad het of 'n vraag wil stel.

Wintershande en -voete / Pernio

Wintershande en -voete (pernio) is die brandende, jeukunde geswel van hande en / of voete as gevolg van blootstelling aan koue.

Die koue veroorsaak dat die bloedtoevoer ingekort word.

Oefening help om die bloedsomloop te verbeter.

Boererate
Wintersvoete

* Hou jou voete in warm water waarin paraffien is.

* Vryf geweerolie aan jou voete.

* Sit in die son en vryf paraffien aan jou voete.

* Smeer terpentyn aan wintervoete.


Wintershande

* Maak 1 eetlepel kalk aan met 1 bottel kookwater. Laat staan vir 24 uur voor dit afgegooi word. Gooi ´n eetlepel kalkwater oor elke bord kos wat jy eet.

Gebruik asseblief die vorm onder aan die blad indien jy raad het of 'n vraag wil stel.

15.1.09

Wintersore

Wanneer jou ore opgeswel is weens koue. Die toestand is jeukerig en pynlik.

Gebruik asseblief die vorm onder aan die blad indien jy raad het of 'n vraag wil stel.

11.1.09

Woedeuitbarstings

Herbert Mouton skryf:
"My vrou verwag haar tweede kind en ons dogter van 2jr 11 maande het 'n woede wat ons nie kan beskryf nie. Ons gee vir haar baie aandag en liefde, maar as ons in 'n winkel stap wil sy alles hê en begin dan te skreeu asof haar longe gaan uitval. Sy baklei ook vir ons even as ons slaap en sy raak wakker. Ek piets haar soms wanneer ons baie seer gekry het. My ma sê ons moet die kind by 'n sielikindige kry. Ons is moedeloos. Gee asb. raad. Ons is baie lief vir haar en as ons haar iewers stuur dan mis ons haar so verskriklik."

Antwoord:
Woedeuitbarstings op hierdie ouderdom is nie ongewoon nie. Dit is die kind se manier om sy/haar gevoel te toon of te kommunikeer. Onthou hulle weet nog nie van beter nie en hulle kommunikasievermoëns is beperk. Dit is egter baie belangrik dat die kind leer dat hierdie tipe gedrag nie aanvaarbaar is nie.
Eerstens moet jy daarop let dat die kindjie se basiese behoeftes vervul is. Is sy honger, dalk dors?
Vermy situasies wat hierdie gedrag aanwakker. Vermy die gange in die winkel waar sy iets sal wil hê.
Besluit vooraf wat jy gaan doen in geval van 'n vloermoer en hou daarby.
Onthou dit gaan oor aandag, hetsy positief of negatief. Begin by die huis deur sulke gedrag te straf en te maak asof jy haar ignoreer, miskien vir haar te sê dat indien sy jou aandag wil hê moet sy normaal praat en woorde gebruik. 'n Straf vir die tipe gedrag sou wees om haar iewers op 'n vervelige plek te laat sit vir 'n minuut of twee en maak seker jy neem haar terug indien sy opstaan - nie in haar kamer nie. Indien sy tekere gaan daar waar sy sit maak jy asof jy haar nie sien nie. Sê dit hardop sodat sy hoor. Dit kan aanvanklik baie uitputtend wees, maar indien jy volhard behoort die probleem minder te raak. Kinders leer graag, sommige ouers gee egter te maklik op.
Indien sy op ses- of sewejarige ouderdom nog steeds die gedrag toon is dit tyd om 'n sielkundige te gaan spreek.

6.1.09

Wurms

Mens kan besmet raak met wurms deur direkte kontak met besmette troeteldiere. Afhangende van die soort wurmbesmetting kan jy maagpyn kry, jou eetlus verloor, gewig verloor, diaree kry en rektale jeuking kan ook voorkom.

Ontwurm gereeld jou troeteldiere, sowat ses keer per jaar. Was ook altyd jou hande nadat jy aan diere gevat het. Was ook jou onderklere, bedlinne en handdoeke in baie warm water en bleikmiddel.

Wurms kan behandel word met vloeistof of tablette wat by apteke verkrygbaar is.